Jou opsommings moet klaar wees voor die eksamen of toetsreeks begin. Die dag voor die toets moet jy nie besig wees met opsommings nie. Dan moet jy net voorberei vir die vraestel. (As jy wil weet HOE om te memoriseer voor ‘n toets of eksamen, woon een van ons praktiese werkswinkels by)
Maar hoe kan ek voor die tyd opsom as ek die toetsafbakening eers ‘n week of twee voor die toetsreeks kry? Dan gaan ek mos ‘n klomp goed onnodig opsom?
Om daardie vraag te beantwoord, moet ons kyk na wat die doel van opsommings is. Opsom is deel van jou leerproses. Opsommings help jou om jou werk te verstaan en om konsepte in jou geheue vas te maak. Jy hoef nie te wag vir jou afbakening voor jy opsom nie. Ja, jy gaan dalk iets opsom waaroor jy nie toets skryf nie. Maar dit is beslis nie ‘n mors van tyd nie. Daardie opsommings help jou om die groter prentjie te verstaan. Dit gee jou insig in jou werk en vergroot jou verwysingsraamwerk. Dit is beslis nie ‘n mors van tyd nie.