Beste Christa en Mariana

Baie dankie vir die uiters waardevolle studiemetodes kursus, my seun Siebert het dit baie geniet en dit het sy punte ‘n wonderlike hupstoot gegee.

Ek sal die kursus vir alle studente aanbeveel!

Groete en seën met julle mooi werk!

— Liesel Krause- Wiid

star

“Dankie Studiemetodes vir n opwindende en insiggewende kursus. Die kursus en die navorsing t.o. v elke leerder se unieke leerstyl is deeglik en leerdergerig. Die kursus dek verskillende moontlikhede om elke vak op sy gebied baas te raak en gebruik n verskeidenheid van opsommingsmaniere. Ons het dit baie insiggewend gevind en voel opgewonde om opsom sonder n kopseer aan te pak.”

— Alouise

star

“Dit was absoluut die moeite werd vir Juan. In plaas van ‘n boring kursus, is hy geboei met voorbeelde en dinge wat hom interesseer. Hy was dadelik op sy gemak om betrokke te raak in die besprekings danksy die gemaklike en vriendelike manier van Mariana en Christa. Terug by die huis was hy aanvanklik skepties oor hoe lank die eerste breinkaart hom geneem het om op sy eie te voltooi, maar hy het deurgedruk, en dit het al makliker geword. Danksy julle, weet ons nou watter studiemetodes die beste vir hom werk. Die toespraakskryf kursus was net so sinvol vir Juan en Zané, wat nou hul eie mondelinge skryf. Christa en Mariana, baie dankie vir die selfvertroue wat julle die kinders gee om op hulle eie te kan werk. Ek beveel julle kursusse beslis aan!”

— Elzanne Groenewald

photography of people graduating
Photo by Emily Ranquist on Pexels.com

“Hallo tannie Christa

Dankie vir die leer ervaring, my leermetode voel ek het baie verbeter. Ek voel dat ek beter hierdie kwartaal kan leer en ek absolute verstaan als. Aan die begin het ek nie verstaan met breinkaarte en lees was nie my sterkste punt nie. Dit het my gehelp om die woorde af te breek en dit was baie lekker en maklik. Ek kan sien ek gaan klaar verbeter.

Dankie tannie vir die ervaring en lekker dag verder tannie Christa”

— Abigail – graad 7 -Zoom werkswinkel


  • eksamen hulp
  • studie metodes
  • studiemetodes
  • hulp met eksamen
  • hulp met leer
  • graad 5

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping