hoe leer ek maaltafels?

Leer jou tafels so


Maaltafels is een ding wat jy vir die res van jou lewe gaan gebruik. Dit is daarom belangrik dat jy jou maaltafels so gou as moontlik memoriseer. Dit is maklik om jou tafels te memoriseer as jy ‘n slim strategie het. Hier is ‘n paar metodes wat jy kan gebruik om jou tafels te leer.

Metode een: Skryf jou tafels neer


Kry ‘n plakaat met al die tafels op en sit dit teen die muur (of kry ‘n dokument aanlyn). Skryf die tafels oor op ‘n papier, maar gebruik verskillende kleur penne. Maak dit interessant vir jouself. Een kleur pen is heeltemal te vervelig. Terwyl jy skryf, sê elkeen van die tafels vir jouself hardop.

Metode Twee: Sê dit hardop


Noudat jy die tafels in verskillende kleure neergeskryf het, moet jy dit vir jouself hardop lees. Eers van voor tot agter, en dan weer van agter na voor. Begin byvoorbeeld met die 2x tafel en sê stadig: “2 x 1 = 2, 2 x 2 =4 en so tot jy by die einde kom. Begin dan by die einde en lees dit hardop tot by die begin. Sê 12 x 2 = 24, 11 x 2 is 22, 10 x 2 is 20, en so aan. As jy wil kan jy rondloop in jou kamer terwyl jy dit leer. Of jy kan selfs op ‘n oefen bal hop en lees, of kyk hoeveel tafels jy kan lees terwyl jy op een been staan. Doen dit oor en oor tot jy dit uit jou kop uit kan opsê.

Metode drie: Leer van maklik tot moeilik


Soms kan ‘n mens gou moedeloos voel as jy begin met iets wat baie moeilik is. Mens klim mos nie ‘n leer deur bo te begin nie? Mens begin onder en klim dan tree vir tree. ‘n Slim plan om jou tafels vinnig te memoriseer, is om by die maklikste tabelle te begin, en dan na die moeiliker tabelle te vorder. Begin met 1, 2, 5 en 10 voordat jy na 3, 4, 6, 7, 8, 12 beweeg, aangesien die eerste stel getalle ‘n duidelike patroon volg wat maklik is om te onthou.

Die 10x tafel is die heel maklikste om te leer. So dis ‘n goeie idee om daar te begin.

Metode Vier: Tel in 2s, 3s, 4s en meer


‘n Maklike manier om jou tafels te leer, is om in 2s, 3s, of 4s te tel. Sê byvoorbeeld 2, 4, 6, 8, 10 as jy die 2x tafel leer, of 3, 6, 9, 12 wanneer jy die 3x tafel leer, en so meer.

Metode Vyf: Gebruik die optel metode


As jy byvoorbeeld wil weet wat is 5 x 5, kan jy 5 keer die nommer vyf bymekaar tel om die korrekte antwoord te kry, 5+5+5+5+5 = 25, wat dieselfde is as 5×5 = 25. As jy dan wil weet wat is 5 x 6, tel net 5 by 25.

Metode Ses: Gebruik flitskaarte

Flitskaarte is ‘n lekker manier om jou tafels vinnig en maklik te leer. Loop rond en leer die flitskaarte uit jou kop uit. Sodra jy dink dat jy die antwoorde redelik goed ken, kan jy begin om verskillende speletjies te speel met jou flitskaarte. Jy kan byvoorbeeld ‘n kaartjie optel, die som lees, en dan raai wat die antwoord is, of jy kan die antwoord optel, en dan raai wat die som is. Dink sommer jou eie speletjies uit.

Jy kan jou eie flitskaarte maak, of jy kan ons flitskaarte koop:

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping