hoekom moet ek opsom

Hoekom is opsom belangrik?

Om jou werk op te som, is ‘n baie belangrike deel van jou leerproses. 

Opsommings leer jou om die belangrikste dinge in ‘n teks te kan raaksien, hoe om onbelangrike inligting te ignoreer, en hoe om ‘n sentrale idee te kan weergee. 

Wanneer jy opsom, verbeter jy jou geheue en leer jy om dit wat jy lees, makliker te kan onthou. 

Wat beteken dit om op te som? 

Opsomming beteken om die belangrikste dele van ‘n teks, in jou eie woorde, op ‘n baie korter manier te vertel.   

Hoe meer jy opsom, hoe beter doen jy dit, en hoe vinniger en makliker raak dit. 

Hoekom moet jy leer om op te som? 

Opsom help jou om te leer om belangrike idees raak te sien en bymekaar te sit. 

Dit stel jou in staat om te fokus op sleutelwoorde en frases van ‘n teks wat die moeite werd is om te onthou. 

Dit leer jou hoe om ‘n groot stuk teks te vat en dit tot die hoofpunte te verminder sodat jy dit makliker kan verstaan. 

Is dit moeilik om op te som? 

Opsom kan moeilik wees, selfs vir volwassenes. Die beste manier om opsom makliker te maak, is om dit te oefen. Onthou, elke persoon se opsommings gaan anders lyk, daarom is dit belangrik dat jy jou eie werk opsom. 


Wil jy op ‘n praktiese, maklike manier leer om op te som?  

Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by.  Ons metode is maklik om te gebruik en ons leer jou stap vir stap hoe om op te som, en hoe om jou opsommings te memoriseer vir die eksamen. Ons leer jou verskillende opsom metodes vir verskillende vakke, en ons vertel jou ook hoe jy jou leerstyl moet gebruik wanneer jy opsom. 

Om jou plek te bespreek, kliek hier


Om te weet watter dinge belangrik is wanneer jy opsom,  moet jy vir jouself die volgende vrae vra: 

  • Wat is die hoofgedagtes? 
  • Wat is die deurslaggewende besonderhede wat nodig is om die hoofgedagtes te ondersteun? 
  • Watter inligting is irrelevant of onnodig? 

Hoekom is dit belangrik dat jy jou eie werk opsom? 

Opsom is deel van die leer proses.  Terwyl jy opsom, begin jou brein reeds om die werk te memoriseer.  Wanneer jy dan jou opsommings leer gedurende eksamen tyd, roep jou brein dit wat hy gestoor het terwyl jy opgesom het, op, en is dit makliker om die werk te onthou. Dis belangrik om jou eie opsommings te maak want dis goed vir jou brein ontwikkeling en dit help jou om buite die boks te dink en onafhanklik te leer. 

Elke mens is anders, en daarom lyk niemand se opsommings presies dieselfde nie.  Daarom moet jy jou eie werk opsom. 

Van die dag dat jy gebore is, het jou brein begin om sekere assosiasies te maak om dingen se name en funksies te onthou.  Nie almal se assosiasies lyk dieselfde nie. 

Kom ons vat ‘n voorbeeld.   

As ek die woord “groente” sê, watter prentjie kom eerste in jou kop op? 

…………………………………. 

…………………………………. 

………………………………… 

Sommige mense dink eerste aan wortels, ander aan pampoen.  Party dink aan boontjies, en ander aan spinasie. In jou opsommings moet jy altyd jou eie assosiasies gebruik. En jy moet altyd die eerste assosasie gebruik wat in jou kop opkom. 

Dus, wanneer jy opsom, moet jy die assosiasies wat jou brein reeds gemaak het van geboorte af, slim gebruik.  As jy iemand anders se opsommings gebruik, moet jy eers hulle assosiasies leer ken, en dan kan jy eers  die werk begin memoriseer.  Dit vat ekstra, onnodige tyd.   

Maak eerder jou eie opsommings en gebruik jou eie assosiasies. 

Moenie laat jou ma of iemand anders jou opsommings maak nie, en moenie opsommings koop nie. 

 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping