wiskunde en die kinetiese leerder

Hoe moet kinetiese leerders wiskunde leer?

Kinetiese leerders vind dit moeilik om in ‘n klaskamer te sit en fokus terwyl die onderwyser ‘n wiskunde som op die bord verduidelik. Hul is “hands-on” leerders, en verloor maklik konsentrasie en belangstelling wanneer hulle moet luister hoe iemand iets verduidelik. Daar kan dan verkeerdelik gedink word dat hulle nie goed is met wiskunde nie, of dat hulle aspris of stout is. Indien kinetiese leerders op die regte manier wiskunde leer, sal hulle geen probleme ondervind om goeie punte te kry nie.

Wat behels die kinetiese leerstyl?

Kinetiese leerders leer deur beweging, en deur te doen. Hulle is “hands-on” leerders, en onthou dinge die beste wanneer hulle ‘n fisiese aktiwiteit uitvoer tydens die leerproses. Kinetiese leerders is daardie kinders wat nie kan stilsit nie. Wat rondbeweeg wanneer hulle leer en altyd met iets speel. Dit lyk vir ouers of die kinetiese leerders niks inneem wanneer hulle leer nie, maar hulle onthou verbasend goed wanneer hulle op die regte manier leer.


Is jy op soek na studiemetodes werkswinkels wat jou lewe gaan verander?

Is jy gereed om jou akademiese reis na die volgende vlak te neem? Sê totsiens vir oninspirerende studiemetodes en hallo vir merkwaardige resultate! Sluit by ons aan vir transformerende werkswinkels wat jou benadering tot leer sal verander:

1. In-persoon Studiemetodes Werkswinkel:

Ontketen jou volle potensiaal met ons boeiende in-persoon Studiemetodes Werkswinkel! Hierdie werkswinkel is ontwerp om ‘n passie vir leer aan te wakker, en sal jou toerus met waardevolle strategieë om jou punte te verbeter en jou motivering vir skool  en leer ‘n hupstoot te gee. Ons kundige instrukteurs sal jou deur innoverende tegnieke lei, wat jou bemagtig om uitdagings te oorkom, jou begrip te verbeter en akademies te presteer. Moenie hierdie geleentheid misloop om beheer oor jou skoolwerk te neem nie!

2. Zoom Studiemetodes Werkswinkel:

Ons verstaan dat buigsaamheid van kardinale belang is in vandag se vinnige wêreld. Daarom is ons verheug om vir jou ons interaktiewe Zoom Studiemetodes Werkswinkel te bring, ‘n aanlyn ervaring wat die krag van ons lewensveranderende werkswinkel direk na jou skerm bring. Woon dit vanuit die gemak van jou eie huis by en ervaar dieselfde boeiende inhoud, kundige leiding en transformerende tegnieke wat jou leerreis sal versterk. Moenie dat afstand jou sukses belemmer nie! Kliek hier om jou plek te bespreek


Wiskunde en die kinetiese leerder

Kinetiese leerders wat net ‘n paar oefen somme doen voor die toets, gaan nie die punte behaal wat ooreenstem met hulle potensiaal nie. Kinetiese leerders moet wiskunde ‘n deel maak van hulle wese. Dit help nie net om vir kinetiese leerders ‘n som te verduidelik nie. Hulle moet dit verstaan en vir iemand anders kan verduidelik. Hulle moet dit kan DOEN. Hier is ‘n paar wenke vir kinetiese leerders wanneer hulle wiskunde leer:

1. Gebruik jou hande

Kinetiese leerders het ‘n neiging om hulle hande te gebruik wanneer hulle praat. Hulle luister ook meer aandagtig indien die persoon wat met hulle praat, ook hulle hande gebruik. Wanneer kinetiese leerders wiskunde leer, moet hulle voor ‘n witbord gaan staan en die som vir hulleself (of vir hulle sagte speelgoed, poppe, of aksiefigure), verduidelik. Soos wat hulle verduidelik, moet hulle soveel moontlik handbewegings maak. ‘n Baie eenvoudige voorbeeld is wanneer hulle die konsepte van groter-as en kleiner-as leer. Om groter-as te verduidelik, moet hulle die groter-as > simbool groot in die lug “teken” met hulle hande. En ook op die witbord. Dieselfde met kleiner-as. Soos wat hulle verduidelik, moet hulle bewegings uitvoer.

2. Pas die konsepte op fisiese objekte toe

Kinetiese leerders onthou dit wat hulle doen, baie beter as dit wat hulle hoor. Daarom moet hulle fisiese objekte gebruik wanneer hulle nuwe konsepte leer. Breuke kan goed verstaan word deur vrugte te sny, of selfs ‘n pizza as voorbeeld te gebruik. Vir groter-as en kleiner-as kan hulle speelgoed gebruik. Kom ons vat plastiek soldate as ‘n voorbeeld. As daar tien soldate aan die een kant, en vyf soldate aan die ander kant is, watter simbool moet gebruik word? Wat beteken die simbool? Teken die simbool sodat jy hom “voel”. Vir meetkunde, sny vorms uit karton. Om byvoorbeeld die omtrek of oppervlak van ‘n driehoek te leer, sny ‘n groot driehoek uit. Plak dit teen jou kas en staan voor dit. Beweeg met jou hande oor die driehoek en verduidelik die formule hardop vir jouself. Om jou brein te leer om vorms te herken, soek al die driehoeke, vierkante, sirkels ens. in ‘n vertrek. Doen dit prakties. Moenie net sit nie. Loop rond, beweeg, teken, speel en doen. Totdat jy die konsepte verstaan en kan verduidelik.

3. Maak flitskaarte

Maak jou eie flitskaarte om jou wiskunde formules, stappe en reëls te onthou. Loop rond en leer jou flitskaarte, moenie dit by ‘n tafel sit en leer nie. Jy kan dieselfde doen met maaltafels. Spring op die trampoline terwyl jy jou kaarte leer, of rol heen en weer op ‘n oefenbal. Leer dit hardop. Wanneer jy klaar ‘n kaartjie geleer het, probeer dit vir jouself verduidelik. “Skryf” die formule met hou vinger in die lug. Om goed te kan doen in wiskunde, moet jy jou formules, stappe en reëls ken. Jy moet verstaan wat jy moet doen, en hoekom jy dit moet doen.

4. Speel speletjies

Daar is baie speletjies wat jy kan speel wat jou gaan help met wiskunde. Gebruik albasters, legos en balle. Probeer jou eie speletjies uitdink. Sê byvoorbeeld dat jy 20 keer die bal teen die muur moet gooi, maar jy het net vier beurte. Hoeveel balle moet jy in elke beurt gooi, om by 20 uit te kom? 5 x 4 = 20.

Of kom ons sê jy wil weet wat is die vierkantswortel van 9? Gebruik albasters. Die vierkantswortel van 9 is 3. Speel dit uit met die albasters terwyl jy probeer verstaan hoekom die antwoord 3 is.

5. Gebruik dobbelstene

Om maal, deel, plus en minus te leer, gebruik dobbelstene. Gebruik minstens 2 dobbelstene. Gooi die dobbelstene en werk uit wat die som totaal van die getalle is. Maal die getalle met mekaar, of deel dit.

6. Oefen, oefen oefen

Noudat jy die konsepte verstaan, en die reëls, stappe en formules ken, moet jy die somme oefen. Dit is nie genoeg om net huiswerk somme te doen nie. Jy moet vraestelle oefen sodat jy kan leer hoe die onderwysers die vrae in die eksamen gaan vra. Wanneer jy vraestelle oefen, hou by die tyd wat op die vraestel is. As daar vrae is waarmee jy sukkel, gaan weer deur die konsepte en probeer dit vir jouself verduidelik.

7. Kry self ‘n oplossing

Omdat kinetiese leerders die beste leer deur te doen, is dit belangrik dat hulle leer om self wiskunde probleme op te los. As jy sukkel met ‘n som, gaan deur jou handboek en skryf die stappe neer, maak flitskaarte. Praat met jouself en probeer elke deel van die som verstaan. Loop rond en lees die stappe hardop. Maak jou oë toe en probeer sien hoe die som gedoen word. Doen die som met jou vinger in die lug. As jy steeds sukkel, kyk videos en vra vrae. Hou aan totdat jy dit kan oplos.

Onthou:

Jy is nie dom met wiskunde nie, jy moet net reg leer. Leer om te verstaan, nie om te onthou nie. Verstaan die hoekom, en nie net die hoe nie.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Kontak ons vir ‘n studiemetodes werkwinkel. Ons leer jou hoe om te leer vir verskillende vakke. Om te bespreek, kliek hier

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping