periodieke tabel

Die periodieke tabel: Elemente 1 – 20 in ‘n neutedop

Alles wat ons om ons kan sien, waarneem en voel, bestaan uit elemente. Jou arms en bene, die grond, die lug en die sterre, word alles gebou uit elemente. Daar is sowat 100 van hierdie elemente. In hul kleinste en eenvoudigste vorm staan hulle bekend as atome. Wanneer die elemente by mekaar inhaak, vorm hulle nuwe stowwe, soos water (suurstof en waterstof). Só verbind ook chloor (’n ontsettend giftige gas) met natrium (’n vreeslik giftige metaal) en vorm doodgewone tafelsout.

Ons organiseer die periodieke tabel volgens atoom getal. Waterstof se atoom getal is 1, dus is hy heel eerste op die tabel. Die atoomgetal van ‘n element is die aantal protone in die kern van ‘n atoom van daardie element.

Die periodieke tabel word nie net gelees van links na regs nie. Dit is ingedeel in periodes en groepe. Periodes lees ons horisontaal van links na regs. Waterstof en Helium vorm byvoorbeeld die waterstof periode.

’n “Groep” of “familie” is ’n vertikale kolom in die periodieke tabel. Elemente in dieselfde groep het ooreenstemmende chemiese eienskappe. Ons lees dus groepe van bo tot onder.

Vir vandag se gesprek gaan ons net kyk na die eerste 20 elemente. Ons meet hulle op grond van hulle atoom getalle. Om jou te help om die elemente te memoriseer, sal ons voorstel dat julle ons flitskaarte aankoop en gebruik. Die kaarte maak dit vir jou maklik om die elemente te memoriseer en te onthou. Dit is kleurvol en elke kaart het ‘n prent op wat jou gaan help om die element makliker te verstaan en te onthou. Jy kan dit uitdruk, of op jou foon laai.

Hier is die eerste 20 elemente, ingedeel volgens hulle naam, simbool en atoomgetal. Dit is die basis om die tabel te verstaan. Leer dit uit jou kop uit.

1. Waterstof

Waterstof is oral om ons. Hier op aarde kry ons waterstof in water, plante, diere en, ook natuurlik, in mense. Dit kom in byna alle molekules in alle lewende wesens voor.

Waterstof se symbool is H en sy atoomgetal is 1

2. Helium

Helium is ‘n gas wat kleurloos, reukloos en smaakloos is. Helium word bijvoorbeeld gebruik wanneer ballonne opgeblaas word. Het jy geweet dat helium jou stem anders kan laat klink wanneer jy dit inasem?

Helium se simbool is He en sy atoomgetal is 2.

3. Lithium

Lithium is die metaal met die minste digtheid en is ook die element wat die minste solied is. Jy kry lithium in baie eletriese toestelle, soos jou selfoon battery. Lithium is baie vlambaar as dit nie reg hanteer en gestoor word nie.

Lithuim se simbool is Li en sy atoomgetal is 3

4. Berellium

Berillium is ‘n staalgrys, sterk, liggewig en bros aardalkalimetaal.Berillium word in baie nywerhede gebruik, insluitend lugvaart, satelliete, ruimteteleskope en motors

Berillium se simbool is Be en sy atoomgetal is 4

5. Boor

Boor word hoofsaaklik in chemiese verbindings gebruik. Boor word gevoeg by veselglas vir isolasie en ook by ander strukturele materiale. Met boor kan jy strukturele en hittebestande materiale versterk.

Boor se symbol is B en sy atoomgetal: 5

6. Koolstof

Koolstof word gebruik vir brandstof in die vorm van steenkool, metaangas en ru-olie (wat gebruik word om petrol te maak).

Dit word gebruik om allerhande materiale te maak, insluitend plastiek en staal (‘n kombinasie van koolstof en yster). Dit word selfs gebruik om swart ink vir drukkers en verf te maak.

Koolstof se simbool is C en sy atoomgetal is 6

7. Stikstof

Stikstof is belangrik vir die chemiese industrie. Dit word gebruik om kunsmis, salpetersuur, nylon, kleurstowwe en plofstof te maak.

Stikstof se simbool is N en sy atoomgetal is 7

8. Suurstof

Sonder suurstof sal ons nie kan bestaan nie. Dit gee lewe! Wanneer dit met waterstof kombineer, kry ons water.

Alle lewe hang dus van suurstof af.

Suurstof se simbool is O en sy atoomgetal is 8

9. Fluoor

Daar was geen kommersiële produksie van fluoor tot die Tweede Wêreldoorlog nie, toe die ontwikkeling van die atoombom en ander kernenergieprojekte dit nodig gemaak het om groot hoeveelhede te vervaardig.

Vandag word, fluoor in baie chemikalieë gebruik, insluitend oplosmiddels en hoë-temperatuur plastiek, soos Teflon wat in braaipanne gebruik word.

Fluoor se simbool is F en sy atoomgetal is 9

10. Neon

Die grootste gebruik vir neongas is vir advertensie borde. Neon word ook gebruik om hoëspanningsaanwysers te maak en word met helium gekombineer om helium-neon-lasers te maak. Vloeibare neon word as ‘n kriogene koelmiddel gebruik.

Neon se simbool is Ne en sy atoomgetal is 10

11. Natrium

Natrium geur kos en word as bindmiddel en stabiliseerder gebruik. Dit is ook ‘n voedselpreserveermiddel, aangesien bakterieë nie kan floreer in die teenwoordigheid van ‘n groot hoeveelheid sout nie.

Die menslike liggaam benodig ‘n klein hoeveelheid natrium om senuwee-impulse te gelei, spiere saam te trek en te ontspan, en die behoorlike balans van water en minerale te handhaaf.

Natrium se simbool is Na en sy atoomgetal is 11

12. Magnesium

Magnesium speel ‘n baie belangrike rol in die liggaam, soos die ondersteuning van spier- en senuweefunksie en energieproduksie.

Magnesium word ook gebruik in verskeie produkte, soos motorsitplekke, skootrekenaars, kameras en elektriese gereedskap.

Aangesien magnesium maklik in lug ontbrand en met ‘n helder lig brand, word dit in,vuurwerke en vonkelaars gebruik.

Magnesium se simbool is Mg en sy atoomgetal is 12.

13. Aluminium

Aluminium word gebruik in ‘n groot verskeidenheid produkte, insluitend blikkies, foelie, kombuisgereedskap, vensterrame, biervate en vliegtuigonderdele.

Aluminium se simbool is Al en sy atoomgetal is 13

14. Silikon

Silikon word gebruik in konstruksiemateriaal, die vervaardiging van transistors, in rekenaar”chips”, son panele, en as waterdigting.

Silikon se simbool is Si en sy atoomgetal is 14.

15. Fosfor

Die hooffunksie van fosfor is in die vorming van bene en tande. Dit speel ‘n belangrike rol in hoe die liggaam koolhidrate en vette gebruik. Dit is ook nodig vir die liggaam om proteïene te maak vir die groei, instandhouding en herstel van selle en weefsels.

Fosfor se simbool is P en sy atoomgetal is 15

16. Swael

Swael word gebruik vir die maak van motorbatterye, kunsmis, olieraffinering, waterverwerking en mineraalontginning. .

Ander gebruike vir swaelgebaseerde chemikalieë sluit in bleikpapier en produkvervaardiging soos sement, skoonmaakmiddels en plaagdoders

Swael se simbool is en sy atoomgetal is 16.

17. Chloor

Die belangrikste gebruik van chloor is as ‘n bleikmiddel in die vervaardiging van papier en lap, maar dit word ook gebruik om plaagdoders (insekdoders), rubber en oplosmiddels te maak. .

Chloor word in drinkwater en swembadwater gebruik om skadelike bakterieë dood te maak

Chloor se simbool is Cl en sy atoomgetal is 17

18. Argon

Argon word in  buise en lae-energie gloeilampe gebruik. ’n Lae-energie gloeilamp bevat dikwels argongas en kwik. Wanneer dit aangeskakel word, gaan ‘n elektriese ontlading deur die gas en genereer UV-lig.

Hierdie edelgas kan ook gevind word in verkoeling stelsels, brandblussers en karre se lugsakke.

Argon se simbool is Ar en sy atoomgetal is 18

19. Kalium

Kalium se hoofrol in ons liggaam is om normale vlakke van vloeistof in ons selle te help handhaaf. Kalium help ook spiere om saam te trek en ondersteun normale bloeddruk.

Kalium se simbool is K en sy atoomgetal is 19

20. Kalsium

Kalsium is ‘n mineraal wat meestal met gesonde bene en tande geassosieer word, hoewel dit ook ‘n belangrike rol speel in bloedstolling, spiere help om saam te trek en help om  normale hartritmes en senuweefunksies  te reguleer.

Kalsium se simbool is Ca en sy atoomgetal is 20

Hoe leer ek die periodieke tabel?

Begin deur die kaartjies te memoriseer. Loop rond en leer dit uit jou kop uit. Begin by die basis. Leer wat is die simbool, naam en atoomgetal. Daarna kan jy op ander dinge soos groepe en periodes fokus. As jy elke dag 2 elemente leer, gaan jy teen die einde van die jaar al jou elemente uit jou kop uit ken.

As jy wil weet hoe om te leer, kontak ons gerus vir ‘n studiemetodes werkswinkel. Kliek hier om jou plek te bespreek

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping