afrikaans graad 6 leestekens

Graad 6 Afrikaans: Leestekens

Leestekens is baie belangrik. Dit help ons om te verstaan wat ons lees en dit druk gevoelens uit. Sonder leestekens, gaan sinne moeilik wees om te verstaan en gaan die boodskap van die sin nie ordentlik oorgedra word nie. Kom ons gesels oor die verskillende leestekens.

1. Punt .

‘n Punt wys vir jou dat daar ‘n langerige ruskans aan die einde van ‘n stelsin moet wees. As daar nie ‘n punt is nie, sal ons nie weet waar die sin eindig en waar ‘n nuwe sin begin nie.

Ons gebruik punte ook met afkortings. Wanneer afkortings met kleinletters geskryf word, kom daar ‘n punt na en tussen al die letters van die afkorting. Soos byvoorbeeld i.v.m. (in verband met), of bv. (byvoorbeeld) .

Sekere afkortings word met hoofletters geskryf. Die meeste van die afkortings wat met hoofletters geskryf word, kry nie punte nie. Soos byvoorbeeld SA (Suid-Afrika), of EU (Europese Unie).

ONTHOU: Jy gebruik nie ‘n punt by maateenhede nie. Kilogram se afkorting is kg, sent is c, meter is m.

2. Vraagteken ?

Ons gebruik vraagtekens aan die einde van vraagsinne. Byvoorbeeld:

Wat maak sy? Waar is my fiets?

Wanneer jy ‘n vraagteken gebruik, maar seker die sin waarna jy kyk is ‘n vraagsin. ‘n Sin soos:

Johan vra waar sy fiets is,

is nie ‘n vraagsin nie. Daarom is daar nie ‘n vraagteken aan die einde nie.

3. Uitroepteken !

Ons gebruik uitroeptekens na bevele, uitroepe en wense, byvoorbeeld:

Dis ongelooflik! of Sit nou stil!

4. Komma ,

Kommas word gebruik tussen woorde in ‘n reeks, MAAR nie voor en nie. Byvoorbeeld:

Daar was leeus, zebras, rooibokke en renosters.

Ons gebruik ook kommas voor voegwoorde soos maar en want, byvoorbeeld:

Dit maak sin, maar hoekom ry hulle nie met die kar nie?

Hy was laat, want sy kar het gaan staan.

Kommas word gebruik tussen werkwoorde in ‘n sin, byvoorbeeld:

Die kinders wat vroeg is, gaan eerste huis toe.

‘n Ander plek waar ons kommas gebruik, is wanneer woorde wat meer sê oor iets, bygevoeg word, byvoorbeeld:

n Tsoenami , wat veroorsaak word deur aardbewings, kan groot skade verrig.

Ons gebruik ook kommas voor en na die naam van die persoon met wie ons praat en na ja en nee, byvoorbeeld:

Ja Kobus, dit was Johan wat die glas gebreek het.

Wanneer gebruik ons nie kommas nie?

Daar kom geen kommas tussen voornaamwoord nie, byvoorbeeld:

Mag hulle hulle selfone saamvat?

Sodra ons ons tasse gepak het, gaan ons ry.

5. Kommapunt ;

Ons gebruik ‘n kommapunt tussen twee volsinne in die plek van ‘n voegwoord, byvoorbeeld:

Usain Bolt is een van die beste atlete ooit en hy het baie rekords gebreek in sy loopbaan.

Usain Bolt is een van die beste atlete ooit; hy het baie rekords gebreek in sy loopbaan.

6. Dubbelpunt :

‘n Dubbelpunt word gebruik voor ‘n reeks dinge wat jy opnoem, byvoorbeeld:

Bring die volgende saam: gemaklike skoene, baadjie, handdoek en ‘n swembroek.

Ons gebruik ook ‘n dubbelpunt voor direkte rede byvoorbeeld:

Kobus vra: “Is Johan se fiets op die plaas?”

Tussen ure en minute kom daar ook ‘n dubbelpunt, byvoorbeeld:

10:20, 16:45, 13:30

7. Ellips/beletselteken/stippels …

Die ellips bestaan uit drie stippellyne/punte met ‘n spasie aan weerskante.

Dit wys dat ‘n woord/woorde of letters uitgelaat is, byvoorbeeld:

Ek dink …

8. Aandagstreep –

‘n Aandagstreep wys dat ‘n gedagte bygevoeg word, byvoorbeeld:

Dit is Jannie – ek het jou mos van hom vertel.

Ons gebruik ook die aandagstreep om die aandag te vestig op iets, of om dit te beklemtoon, byvoorbeeld:

Usain Bolt – die atleet – is ‘n legende

9. Aanhalingstekens ” “

Aanhalingstekens word gebruik voor en na woorde wat iemand anders gesê of geskryf het, byvoorbeeld:

Jan het geskree: “Kom weg daar, julle gaan seerkry!”

Pieter het gesê hy is moeg vir Jan se “streke”.

Jy gaan leestekens vir die res van jou lewe gebruik. Daarom is dit belangrik dat jy dit nou reeds leer en verstaan hoe en waar om dit te gebruik.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping