Jou leerstyl het ‘n baie belangrike invloed op hoe jy moet leer. Jy kan vir ure aaneen leer, maar steeds sleg doen as jy nie leer volgens jou leerstyl nie. Daar is 3 tipes leerstyle:
- Ouditief
- Visueel, en
- Kineties
Gebruik jou leerstyl tot jou voordeel. As jy ‘n visuele leerder is, sorg dat jy genoeg kleure en prente gebruik in jou opsommings. As ouditiewe leerder moet jy hardop leer en met jouself praat. Kinetiese leerders moet beweeg wanneer hulle leer.
Om uit te vind wat jou leerstyl is, doen ons aanlyn leerstyl toets, of woon ons studiemetodes werkswinkel by (aanlyn of een-tot-een).