My een kind leer hard, maar my ander kind wil net nie leer nie. Wat nou?
Indien jy ‘n ouer van meer as een kind is, is die kanse baie goed dat jou kinders hemelsbreed verskil wanneer dit kom by skoolwerk en leer. Elke gesin het gewoonlik ‘n harde werkertjie wat hul tyd goed benut en nooit probleme gee wanneer dit kom by skoolwerk nie. Maar die teenoorgestelde is ook in baie gevalle waar.