graad 4 leerstyle

Leerstyle vir graad 4 leerders

As jy ‘n kind het wat vir die eerste keer graad 4 toe gaan, is die kans goed dat hulle ‘n bietjie verlore kan voel. Nuwe vakke, nuwe onderwysers, klas wisseling, eksamen skryf, en meer kan maak dat hulle oorweldig voel en nie weet hoe om alles te hanteer nie.

Hoekom is dit belangrik dat jy weet wat jou leerstyl is?

As jy jou leerstyl al in graad 4 ken, gaan jy jou manier van leer en memoriseer, daarby aanpas. Jy gaan jou werk vinniger en makliker opsom en onthou, en jou verstaan vakke gaan jou nie moedeloos laat voel nie.

Daar is 3 hoof leerstyl tipes wat ons in ons studiemetodes werkswinkels gebruik:

  • Die visuele leerstyl;
  • Die ouditiewe leerstyl;
  • Die kinetiese leerstyl

Die visuele leerder

Die visuele leerder leer die beste deur van visuele hulpmiddels gebruik te maak. Kleure, prente, breinkaarte en diagramme is ideale maniere van leer vir die visuele leerder. As jou graad 4 kind ‘n visuele leerder is, moet jy reeds van die begin af die volgende vir hom of haar leer:

  • Maak jou opsommings kleurvol en gebruik prente;
  • Gebruik breinkaarte wanneer jy opsom. Skryf die onderwerp in die middel en werk van daar af. As jy wil weet hoe om breinkaarte te maak, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by;
  • Plak jou opsommings teen die muur of kas;
  • Skryf jou werk neer;
  • Maak jou leerarea mooi;
  • Kyk na jou onderwyser terwyl hulle praat;
  • Leer op jou eie;
  • Probeer om nie agter in die klas te sit nie.

Die ouditiewe leerder

Ouditiewe leerders leer die beste deur te hoor. Deur net op te let in die klas, kan hulle alreeds goeie punte kry. As jou graad 4 kind ‘n ouditiewe leerder is, is die volgende belangrik:

  • Leer altyd hardop;
  • Sit op ‘n plek in die klas waar jy die onderwyser mooi kan hoor;
  • Leer op ‘n stil plek, of gebruik “white noise” om klanke wat jou pla, te dem;
  • Vermy areas waar mense praat, of waar musiek of ‘n televisie aan is;
  • Sit weg van deure of vensters waar geluide die klaskamer kan binnedring;
  • Gebruik mnemonics, rympies of jingles;
  • Neem jouself op waar jy deur die werk lees, en luister oor en oor daarna.

Die kinetiese leerder

Kinetiese leerders leer die beste deur te beweeg. Daar moenie van kinetiese leerders verwag word om doodstil te sit wanneer hulle leer nie. Die proses van beweging help hulle om beter te memoriseer. Die volgende is belangrik indien jou graad 4 kind ‘n kinetiese leerder is:

  • Skryf terwyl jy leer;
  • Gebruik flitskaarte;
  • Sit op ‘n plek in die klas waar daar nie ander kinders of beweging is wat jou aandag aftrek nie;
  • Moenie by ‘n venster sit nie;
  • Teken grafieke, kaarte, diagramme en maak modelle;
  • Wanneer jy wetenskap of tegnologie leer, doen eksperimente of kyk videos van die eksperiment;
  • Loop rond of sit op ‘n stoel wat kan beweeg;
  • Leer in ‘n studiegroep.

Al drie leerstyle moet hardop leer en hulle eie opsommings maak. As jy hu lp nodig het met studiemetodes, kontak ons by info@studiemetodes.co.za of kliek hier om jou kind se plek te bespreek.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping