het ek 'n swak geheue

Het ek ‘n swak geheue ?

Deel 1

As n student, is leer deel van jou daaglikse lewe. Aangesien dit moeilik is om al die nuwe informasie wat jy elke dag leer, te probeer onthou, het ons n paar tegnieke bymekaar gesit om jou te help. So voor jy jou volgende eksamen skryf, probeer van die volgende strategieë toepas as jy weer leer. Dit gaan jou help om meer effektief te leer.

Wat is die geheue strategie?

Geheue strategie is n tegniek wat jy kan gebruik om inligting wat jy geleer het, makliker te onthou. Daar is baie tegnieke daar buite wat jy kan toepas.

Eskterne geheue strategie verwys na dinge wat ons doen om daaglikse take te onthou. Dit kan dinge wees soos om n lysie te maak, ‘n kalender te gebruik, of om dinge wat ons moet onthou, op n plek te sit waar ons altyd kyk, soos die yskas.

Interne geheue strategie is waar ons gebruik maak van ons brein om dinge te onthou wat ons geleer het. Soos wanneer jy leer vir ‘n toets. Kom ons kyk na n paar tegnieke wat julle kan gebruik wanneer julle weer n toets skryf.

1. Verstaan die leerwerk.

Voordat jy begin memoriseer, moet jy jou werk verstaan. Vind n balans tussen dit wat jy leer en dit wat jy reeds ervaar het. Hoe meer jy jouself kan vergelyk met dit wat jy weet, hoe makliker raak dit.

2. Die regte studie area is belangrik.

Om te fokus wanneer jy leer is baie belangrik. Sonder aandag gaan jy nie die konsep van jou leerwerk verstaan nie. As jy leer in n area wat jou aandag gaan aftrek, waar TV of Musiek, is gaan jy nie kan fokus. Vermy ‘n area waar mense praat.

3. Spasieer jou werk uit.

Maak seker dat jy nie te veel werk in een studiesessie inprop nie. Wanneer jy jou studiegleuwe slim skeduleer, strek jy jou werk oor talle dae uit.

Maak seker dat jy net op klein hoeveelhede materiaal op ‘n slag fokus. Hoe minder nuwe konsepte jy in elke studiesessie moet leer, hoe makliker is dit om die inligting te onthou.

4. Repetisie

In Engels is daar ‘n spreekwoord wat sê: “practice makes perfect”.

Om ‘n nuwe konsep of vaardigheid werklik te bemeester, moet jy dit oor en oor oefen. Deur dit te doen, sal dit jou help om hierdie materiaal in jou langtermyngeheue te stoor. Jy kan hierdie materiaal op verskeie maniere oefen, insluitend om die inligting neer te skryf, of dit hardop te sê.

5. Organiseer jou leerwerk.

Om ‘n konsep te verstaan ​​word makliker as jy verstaan ​​waar dit in die groter prentjie pas. Dit beteken om verwante konsepte saam te groepeer. Jy kan dit doen deur die verwantskappe tussen items te wys deur grafiese metodes soos Venn-diagramme en breinkaarte te gebruik. Hierdie strategie help jou ook om elke konsep se relevansie te verstaan.

6. Gebruik Mnemoniese Metodes

Kom met ‘n rympie, grappie of liedjie op, om ‘n paar konsepte te onthou. As die metode wat jy gebruik ‘Catchy ‘ is, sal dit baie makliker word om die konsep te onthou. Dit is ook makliker om konsepte te onthou wanneer dit geassosieer word met iets waarmee jy bekend is.

Dis belangrik dat jy die regte metodes gebruik wanneer jy leer. Maar as jy aanhou sukkel om te fokus en glad nie jou werk kan onthou nie, is dit goed om ‘n professionele persoon te gaan sien.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping