boeke om in die vakansie te lees

5 Lekker Afrikaanse boeke om in die vakansie te lees

Dis vakansie tyd. Tyd vir lui wees en lekker dinge doen. Hier is 5 lekker lees boeke wat jy in die vakansie kan lees.

1. Saartjie Omnibus 1-8 – Bettie Naude

Ontmoet vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ‘n klein niksnuts genaamd Muggie. 

Deel in Saartjie en die Drie Muskiete se avonture. Beskikbaar by Takealot, Graffitiboeke en ander boekwinkels.

2. Poppie Viool en die Swartwoud-arende – Jan Vermeulen

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe na eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ‘n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en mensvreter-arende … Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, ‘n pratende portret. Hy is eintlik ‘n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is … en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Beskikbaar by Takealot, Graffitiboeke en ander boekwinkels.

3. Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories – Jeff Kinney

Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding, wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere, spoke en veel meer in hierdie komies-vreesaanjaende verhale.
Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop – dalk sal jy met die lig aan wil slaap!

Beskikbaar by Takealot, Graffitiboeke en ander boekwinkels.

4. Reenboogrant maats – Maritha Snyman

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! In die Reenboogrant Maats-boeke is Shani en Sunette op laerskool, en hulle beleef allerlei avonture. Die omnibus bevat drie titels: ’n Nag van angs, Die hanswors en Teddie se geheim.
Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reenboogrant-jare! In die Reenboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop. Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit die gewilde reeks: ’n Nag van angs; Die hanswors; Teddie se geheim.

Beskikbaar by Takealot, Graffitiboeke en ander boekwinkels.

5. Pieksel – Fanie Viljoen

Vossie de Vos bou ‘n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het ‘n humeur soos ‘n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op ‘n dag besluit hy om vir hom ‘n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is ‘n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag ‘n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is ‘n pragtige storie oor ‘n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk. Kinders sal kan identifiseer met temas soos vriendskap en eensaamheid. Hierdie storie deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, is roerend en gevul met lekker humor wat die harte van kinders sal aanraak. Die boek is ook pragtig geïllustreer deur die skrywer.

Beskikbaar by Takealot, Graffitiboeke en ander boekwinkels.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Kliek hier om jou plek te bespreek vir een van ons studiemetodes werkswinkels.

Wat behels ons studiemetodes werkswinkel?
Wenke vir graad 4 ouers

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping