wenke vir die kinetiese leerder

Wat as ek nie kan stilsit wanneer ek leer nie?

Die kinetiese leerder

Kinetiese leerders leer die beste deur beweging en deur te doen.

Simulasies, praktiese oefening en eksperimente is alles vorme van kinetiese leer. Dit word ook na verwys as tasbare leer of fisiese leer. Kinetiese leerders kan nie doodstil sit wanneer hulle leer nie. Beweging is belangrik!

Hoe moet die kinetiese leerder se studeer area lyk?

  • Moenie op ‘n gewone stoel sit nie. Sit op ‘n kantoor stoel wat kan beweeg, of op ‘n yoga bal. Beweging help jou om die werk makliker en vinniger te memoriseer.
  • Kinetiese leerders is geneig om hulle voete te beweeg wanneer hulle by ‘n tafel werk. Hou ‘n bal of ‘n skaatsplank naby wat jy onder jou voete kan sit wanneer jy huiswerk doen en opsom.
  • In plaas daarvan om by ‘n gewone tafel te sit, kry ‘n tafel wat jy kan stel sodat jy kan sit of staan. Dit word ook genoem ‘n “standing desk” en is ideaal vir kinetiese leerders.

Is jy op soek na studiemetodes werkswinkels wat jou lewe gaan verander?

Is jy gereed om jou akademiese reis na die volgende vlak te neem? Sê totsiens vir oninspirerende studiemetodes en hallo vir merkwaardige resultate! Sluit by ons aan vir transformerende werkswinkels wat jou benadering tot leer sal verander:

1. In-persoon Studiemetodes Werkswinkel:

Ontketen jou volle potensiaal met ons boeiende in-persoon Studiemetodes Werkswinkel! Hierdie werkswinkel is ontwerp om ‘n passie vir leer aan te wakker, en sal jou toerus met waardevolle strategieë om jou punte te verbeter en jou motivering vir skool  en leer ‘n hupstoot te gee. Ons kundige instrukteurs sal jou deur innoverende tegnieke lei, wat jou bemagtig om uitdagings te oorkom, jou begrip te verbeter en akademies te presteer. Moenie hierdie geleentheid misloop om beheer oor jou skoolwerk te neem nie!

2. Zoom Studiemetodes Werkswinkel:

Ons verstaan dat buigsaamheid van kardinale belang is in vandag se vinnige wêreld. Daarom is ons verheug om vir jou ons interaktiewe Zoom Studiemetodes Werkswinkel te bring, ‘n aanlyn ervaring wat die krag van ons lewensveranderende werkswinkel direk na jou skerm bring. Woon dit vanuit die gemak van jou eie huis by en ervaar dieselfde boeiende inhoud, kundige leiding en transformerende tegnieke wat jou leerreis sal versterk. Moenie dat afstand jou sukses belemmer nie! Kliek hier om jou plek te bespreek


Eienskappe van kinetiese leerders

  • Kinetiese leerders het goeie hand-oog koordinasie.
  • Beweging is vir hulle belangrik, daarom hou hulle gewoonlik van sport, dans, drama of fisiese aktiwiteite.
  • Kinetiese leerders is geneig om hulle hande te gebruik wanneer hulle praat.
  • Hulle hou van aktiwiteite waar hulle kan ontvlug, soos videospeletjies, flieks, of boeke.
  • Kinetiese leerders is gewoonlik baie kreatief.
  • Kinetiese leerders is goed daarmee om dinge te bou en geniet daarom aktiwiteite soos robotika en om eksperimente te doen.

Studiewenke vir kinetiese leerders

Wiskunde

  • Maak flitskaarte van al jou formules en stappe. Loop rond en leer dit uit kop uit. Terwyl jy die flitskaarte maak is jy besig met ‘n kreatiewe proses en jou hande beweeg terwyl jy skryf.
  • Nadat jy jou stappe en formules geleer het, staan voor ‘n witbord en oefen die somme oor en oor.
  • Werk baie oefen vraestelle uit.

Biologie en wetenskap

  • Doen soveel as moontlik eksperimente, of kyk Youtube videos waar mense die eksperimente uitvoer.
  • Wanneer jy sketse moet leer, staan voor jou witbord en teken jou sketse oor en oor totdat jy dit gememoriseer het.
  • Werk deur oefen vraestelle sodat jy gewoond kan raak aan die manier hoe die vrae gevra word.
  • Maak flitskaarte van begrippe, die periodieke tabel en definisies Jy kan ook ons klaargemaakte “printable” flitskaarte van die periodieke tabel koop. Loop rond en leer dit uit jou kop uit.

Leervakke

  • Wanneer jy geskiedenis of geografie leer, kyk videos of flieks oor die spesifieke onderwerp.
  • Maak opsommings en plak dit teen jou muur of kas. Staan of loop rond in jou kamer terwyl jy die opsommings hardop memoriseer. As jy nie weet hoe om opsommings te maak nie, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by. Stuur ‘n e-pos na info@studiemetodes.co.za vir meer inligting.
  • Maak flitskaarte vir datums, definisies en begrippe.

Die belangrikste wat kinetiese leerders moet onthou, is om te beweeg terwyl hulle leer. Let wel: Daar kan soms verwarring wees tussen die kinetiese leerstyl en ADHD. As jy vermoed dat jy ADHD het, kontak ‘n spesialis.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping