girl in yellow long sleeve dress reading the alphabets on wall

Studie wenke vir visuele leerders

As jy ‘n visuele leerder is, leer jy deur te lees of prentjies te sien. Visuele leerders het oor die algemeen ‘n baie goeie verbeelding, en daarom is dit maklik vir visuele leerders om prentjies in hulle gedagtes te maak van dit wat hulle lees of leer. Gebruik hierdie talent om prentjies te maak van dit wat jy leer, tot jou voordeel.

Die visuele leerstyl
Die kinetiese leerder
Die ouditiewe leerstyl

Hoe kan ek prentjies gebruik om beter te leer?

Vat die periodieke tabel as ‘n voorbeeld. As jy ‘n prentjie in jou kop maak van elke element wat jy moet leer, gaan jy die elemente baie makliker onthou as wat jy net die woorde lees. Visuele leerders onthou dinge wat hulle brein interessant vind. Met ander woorde, dinge wat vir hulle brein mooi lyk. Wanneer jy opsom, speel rond met prentjies in jou gedagtes en teken die prentjies in jou opsommings.

Visuele leerders se aandag kan maklik afgetrek word deur klanke en geraas, en dit is moeilik vir visuele leerders om verbale instruksies te volg. As jy dus ‘n visuele leerder is, kan dit vir jou moeilik wees om iets wat jy gehoor het, te onthou.

Studiewenke vir visuele leerders

  • Sit sover moontlik voor in die klas waar jy mooi kan sien, en waar daar nie baie geraas is wat jou aandag kan aftrek nie.
  • Gebruik flitskaarte en breinkaarte wanneer jy opsom. Moenie vergeet om kleure en prente te gebruik in jou opsommings nie.
  • Kleure en prente is baie belangrik vir visuele leerders. Organiseer jou vakke in verskillende kleure en sit jou notas en opsommings in leêrs.
  • Om te voorkom dat jy vergeet wanneer iemand iets vir jou sê, vra of verduidelik, maak notas wanneer jy luister na jou onderwyser of wanneer iemand iets aan jou verduidelik.
  • Leer op ‘n plek waar daar nie baie geraas is nie. Moet ook nie musiek luister terwyl jy leer nie.
  • Plak jou opsommings teen jou kas of muur, waar jy dit gereeld kan sien.
  • n Ander manier hoe visuele leerders kan opsom, is deur Powerpoint aanbiedinge te maak en later oor en oor daarna te kyk.
  • Gebruik ‘n witbord wanneer jy memoriseer. Skryf, teken prente en krabbel op jou witbord terwyl jy jou opsommings uit jou kop leer.
  • Kyk videos of dokumentere programme oor onderwerpe wat jy moet leer.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Kontak ons gerus, ons het 3 opsies beskikbaar:


Studiemetodes Opsie 1

In-persoon werkswinkel

Die in-persoon werkswinkel word aangebied op ons perseel in Olympus, Pretoria-Oos.  Die werkswinkel is sowat 3 ure lank. Daar is maksimum 4 leerders teenwoordig tydens die sessie.

Wat is die kostes?

  • Original price was: R2500,00.Current price is: R1575,00.

Studiemetodes Opsie 2

Zoom werkswinkel

Zoom werkswinkel.  Hierdie werkswinkel is ideaal vir leerders wat ver van Pretoria af woon, maar steeds individuele aandag wil hê. Werkswinkel is 2 tot 3 ure lank .

Wat is die kostes?

  • Original price was: R2000,00.Current price is: R1575,00.

Studiemetodes Opsie 3

Aanlyn videokursus

Die aanlyn videokursus is die verkorte, kompakte weergawe  van ons werkswinkel.  Dit is omtrent 45 minute na ‘n uur lank. Leerders het ‘ n maand tyd om deur die videos te werk.  Hierdie kursus is ideaal vir leerders met self dissipline wat op hulle eie kan werk. Ons beveel dit aan vir hoërskoolleerlinge.


Studiemetodes vir Universiteit studente

Ons studiemetodes program vir Universiteit studente is ontwikkel om voorgraadse en nagraadse studente te help om reg te studeer asook hoe om tydspbeplanning te doen vir die beste resultate. Die program is ontwikkel saam met huidige en voormalige studente.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping