leer Afrikaans maklik

Leer Afrikaanse taalleer maklik

Weet jy hoe om te leer vir Afrikaanse taalleer? Die meeste leerders het nie ‘n leermetode wat hul volg wanneer hulle Afrikaanse taal moet leer nie. Hulle lees net deur die werk en kry dan nie die punte wat hulle graag wil hê nie. Hier is ‘n paar wenke om Afrikaanse taalleer makliker te leer.

Gebruik flitskaarte

Flitskaarte is ‘n lekker en maklike manier om jou woordeskat en woordsoorte te leer. Veral kinetiese leerders geniet dit om flitskaarte te gebruik. Wanneer jy woordeskat woorde leer, skryf die naam van die woord aan die voorkant van die kaartjie, en die betekenis van die woord aan die agterkant. Jy kan ook die Afrikaanse woord aan die voorkant, en die Engelse woord aan die agterkant skryf.

Woordsoorte werk presies dieselfde. Skryf die naam van die woordsoort aan die voorkant, en die beskrywing aan die agterkant. Loop rond en leer die flitskaarte hardop totdat jy dit gememoriseer het.

Skryf woorde en definisies neer

Wanneer jy Afrikaans leer, is dit goed om soveel as moontlik te skryf. Hoe meer jy skryf, hoe beter gaan jy onthou. Skryf woorde, woordsoorte, idiome en definisies op ‘n papier of witbord neer. Terwyl jy dit doen, verduidelik die werk hardop vir jouself. Soos wat ‘n onderwyser vir ‘n klas sal verduidelik. Herhaal die proses oor en oor totdat jy dit ken.

Gebruik tabelle

As jy nie hou van flitskaarte nie, kan jy tabelle gebruik om jou taalleer te leer. Skryf die woordsoort, woordeskat of idioom in die linkerkantse tabel, en die beskrywing of betekenis aan die regterkant. Herhaal dit oor en oor totdat jy dit uit jou kop uit ken.

Werk deur oefen vraestelle

Topstudente regoor die wêreld het een ding in gemeen: hulle werk gereeld deur oefen vraestelle. Wanneer jy deur oefen vraestelle werk, leer jy hoe onderwysers die vrae vra, en wat die regte manier is om dit te antwoord. Dit is baie belangrik as jy suksesvol wil wees.

Lees

Lees is nie net goed vir jou woordeskat nie, maar dit brei ook jou algemene kennis uit. Probeer elke dag ‘n bietjie lees oor ‘n onderwerp wat vir jou interessant is.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Kontak ons gerus om een van ons werkswinkels by te woon. Dit gaan jou lewe verander. Stuur ‘n epos na info@studiemetodes.co.za of kliek hier om jou plek te bespreek.

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping