As jy negatiewe dinge glo, soos dat jy sleg is in wiskunde, of dat jy nie lang paragrawe kan leer nie, gaan jy sukkel om goeie punte te behaal. Soms hou jy nie van ‘n vak of ‘n onderwyser nie, en jy is daarom nie lus om te leer nie. Of jy het sleg gedoen in jou vorige toets en glo daarom dat jy dom is. Leer met ‘n oop gemoed en wees positief.