scrabble board game on shallow focus lens

Speltoetse Kan Maklik Wees

Wenke Om Te Leer Vir Speltoetse

Wanneer die lewe besig raak en aktiwiteite te veel word, is dit moeilik om tyd te maak vir spelwoorde leer. Die dag voor die toets word daar wild geskarrel om die woorde betyds te leer tussen huiswerk en ander aktiwiteite deur. Dit word ‘n nagmerrie en later is ouer en kind aan die baklei want albei is moeg en nie een is lus vir sukkel met leer nie. Hier is ‘n paar wenke om spelling te verbeter en speltoetse te verander van frustrasie na ‘n prettige ervaring.

Aktiewe Leer Strategieë

  • SIEN DIT, SÊ DIT, SPEL DIT: Skryf die woord, sê dit hardop, hou dan die woord toe en probeer dit uit jou kop uit skryf.
  • KETTINGS: Skryf die woord een letter op ‘n slag neer. Soos wat jy skryf, sê elke letter hardop. Herhaal hierdie proses en sit elke keer ‘n letter by tot jy die hele woord geskryf het. Kom ons sê ons moet die woord kat spel. Begin by die eerste letter. Skryf die letter k en sê dit hardop. Beweeg aan na die tweede letter. Skryf die letters k-a en sê weer elke letter hardop. Skryf dan die hele woord k-a-t en sê elke letter hardop terwyl jy dit skryf.
  • KYK VIR PATRONE: Identifiseer patrone in woorde, soos dubbel konsonante, voorsetsels en meer. Kom ons kyk na ‘n voorbeeld in Engels. Die voorvoegsel “un” beteken meestal “nie”. Unhappy beteken “nie gelukkig”. Jy sit net die voorvoegsel “un” voor die woord “happy”. As jy klaar die woord “happy” kan spel, sit jy net die “un” voor. Dan is dit nie moeilik om te spel nie. Die patroon is dus dat die woord se spelling altyd dieselfde bly wanneer jy “un” voor aan sit.
  • MAAK KONNEKSIES: Dink aan ander worode wat dieselfde klink of dieselfde bron het.
  • TEKEN EN BESKRYF: Teken ‘n prent van die woord en skryf die woord langs die prentjie.
photo of girl reading book
Photo by Andrea Piacquadio on Pexels.com

Maak dit pret

  • Skryf die woord in ‘n sin. Maak ‘n lawwe, prettige sin met die woord.
  • Sing ‘n liedjie. Maak ‘n liedjie of rympie om jou te help om die spelling te onthou. Klap jou hande of stamp jou voete met elke letter.
  • Speel speletjies soos Scrabble, Boggle of Hangman.
  • Maak flitskaarte. Skryf die woord aan die een kant en wat die woord beteken aan die ander kant. Of teken ‘n prentjie aan die ander kant. Vra jouself vrae of vra iemand om vir jou die woord te lees of die prentjie te wys, dan moet jy dit spel. Op Quizlet kan jy jou eie digitale flitskaarte maak.
  • Speel aanlyn speletjies om jou spelling te verbeter.

Onthou:

  • Moenie eers die aand voor die toets begin leer nie.
  • Fokus op die woorde waarmee jy sukkel.
  • Toets jouself. Skryf die woorde neer sonder om daarna te kyk.
  • Kry genoeg slaap.
  • Wees positief. Jy kan dit doen!

Moenie uitmis op ons Afrikaanse hulpbronne nie. Dit gaan jou verseker baie help.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping