man creating a mindmap on a whiteboard

Hoe gebruik ek breinkaarte om ’n opstel te skryf?

Het jy al ooit vasgehaak terwyl jy ‘n opstel moes skryf in ‘n eksamen? Weet jy nie waar om te begin of hoe om te eindig nie? Hier is ’n maklike oplossing: Breinkaarte. Dit is eenvoudig en dit gaan jou help om die opstel skryfproses baie makliker te maak!

Wat is ‘n Breinkaart?

‘n Breinkaart is soos ‘n groot prentjie wat jou help om idees te organiseer en te onthou. Dit begin met ‘n groot idee in die middel en groei met klein idees al langs die kant uit. Dit is amper soos ‘n boom met takkies vol idees!

Hoekom moet ek ’n breinkaart gebruik wanneer ek ’n opstel skryf?

1. Breinkaarte help jou met idees vir jou opstel: Jou breinkaart is soos ‘n fontein van idees! Gebruik dit om idees vir jou opstel te kry en te organiseer.

2. Dit help om jou gedagtes te organiseer: Soms voel mens deurmekaar en op jou senuwees wanneer jy ’n opstel moet skryf. Die breinkaart help jou om jou gedagtes in orde te kry.  Dit maak die skryfproses baie makliker.

3. Dit maak jou rustig: As jy voel dat jy nie weet waar om te begin nie, kyk net na jou breinkaart. Dit sal jou in die regte rigting wys!

4.Dit moedig kreatiwiteit aan: Wanneer jy ’n breinkaart maak, begin daar ’n klomp idees in jou brein loskom.  As jy breinkaarte gebruik vir jou opstel, gaan jy baie kreatiewe stories skryf. 

mind map breinkaart

Hoe maak ek ’n breinkaart vir my opstel?

1. Begin met ‘n idee: Skryf die onderwerp van jou opstel in die middel van die bladsy. Dit kan iets soos “My Gunsteling Dier” of “My Beste Vakansie” wees. As jy oor ’n sekere onderwerp moet skryf, skryf dit in die middel van die bladsy neer.

2. Voeg Takke By: Trek lyne van die middel (waar die onderwerp geskryf is) af en skryf klein idees of feite wat met jou onderwerp verband hou. Dit kan dinge wees soos spesiale oomblikke of interessante feite.

3. Kleur: Gebruik kleurpotlode: Maak jou inleiding se takke een kleur, jou middel s’n n ander en jou slot s’n ’n derde kleur. Dit maak dit makliker om te onthou en te weet wat om waar te skryf 

4. Maak Verbindings: Kyk na jou breinkaart en probeer om verbindings tussen jou idees te vind. Hoe hang al die stukkies saam?

5. Skryf: Gebruik jou breinkaart om jou opstel te skryf. Jy sal sien hoe maklik dit is om al jou idees saam te sit in woorde. 

Breinkaarte is jou geheime wapen vir opstel skryf.  Hoe meer jy dit gebruik, hoe makliker gaan dit vir jou wees om goeie opstelle te skryf. 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping