photo of woman teaching his son while smiling

Graad 4 ouer? Hier is 10 wenke om graad 4 makliker te maak

Skoenlapper in die maag, eksamen op die horison… en ’n hele nuwe wêreld om te ontdek.  Graad 4 is net anders. As jou graad 4 kind skielik meer toetse skryf as ’n deelnemer aan ’n vasvra kompetisie, sit met ’n wavrag huiswerk en oorweldig word met nuwe, onbekende vakke, wees gerus.  Jy is nie alleen nie!

Wenke vir Graad 4 Ouers

  • Haal die misterie uit eksamen uit:  Verduidelik vir jou kind wat die doel van eksamen is, sonder om hulle onder druk te plaas.  Laat hulle dit verstaan as ’n kans om te wys wat hulle geleer het. Dit is nie iets om voor bang te wees nie, maar dis iets waar ons die nuwe studievaardighede wat ons geleer het kan toepas. As ons reg voorberei, gaan eksamen niks wees om voor bang te wees nie.
  • Breek die werk op in kleiner dele:  Mens kry baie meer gedoen as jy iets bietjie vir bietjie aanpak, eerder as om alles op een slag te probeer leer.  Deel die werk op in kleiner, meer hanteerbare dele (chunking).  Gebruik oefen toetse  en ou vraestelle (kyk op litnet.co.za) om jou graad 4 gewoond te maak aan die formaat van vraestelle en hoe die vrae gestel word.
  • Aktiewe leer:  Moedig aktiewe leer aan deur gebruik te maak van flitskaarte, oefen vrae en om die werk aan iemand anders te verduidelik. Om net die werk deur te lees en ‘n paar keer te herhaal gaan nie help nie. Een van die mees onderskatte vorms van leer is die gebruik van vraag en antwoord flitskaarte. Ons graad 4 hulpbronne help leerders om aktief te leer sonder om net die werk oor en oor te lees.

Products by Category

  • Studeer area: Laat jou graad 4 kind leer in ’n stil area wat goed belig en georganiseerd is met minimale afleiding.  Die eetkamer tafel is goed vir huiswerk doen, maar nie vir leer nie.
  • Skep ’n skedule en roetine:  Skep saam met jou kind ’n studie skedule of studie plan.  Maak seker daar is genoeg tyd vir breuke tussenin.  Graad 4 leerders moet nie meer as 30 minute aanmekaar leer sonder om ’n breuk te vat nie.  Hou by die skedule! Gebruik ons gratis pomodoro timer op ons Engelse susterblad StudyTips
  • Studiemetodes: Ondersoek verskillende studiemetodes tegnieke gebassseer op jou kind se leerstyl (visueel, ouditief, kineties).  Ons studiemetodes werskwinkel bepaal wat jou kind se leerstyl is en hoe om reg op te som en te memoriseer volgens leerstyl.  Kliek hier om jou plek te bespreek. 

Recommended products

  • Ontwikkel die kuns van tydsbestuur:  Stel saam met jou kind ’n tydskedule vir elke taak wat hy moet voltooi, op.  Dit sluit in huiswerk en opsom.  Hierdie vaardigheid help hom om, wanneer hy eksamen skryf, die tyd reg te bestuur om die vraestel binne die tydsraamwerk te voltooi en verminder eksamenstres.
  • Fokus op belangstelling eerder as punte:   Punte is natuurlik belangrik, maar om ’n liefde vir leer te skep, is meer belangrik. Kyk videos oor die onderwerp of maak ’n speletjie daarvan. Doen saam eksperimente of gaan op ‘n uitstappie. M
  • Moedig vrae aan: Om vrae te vra is een van die belangrikste aspekte van leer. Dit is ’n integrale deel van aktiewe leer en dit moedig begrip en insig oor die onderwerp aan. Skep ’n veilige omgewing waar jou graad 4 leerder kan vrae vra, sonder om te voel hy word veroordeel of aangejaag.
  • Wees geduldig en ondersteun jou kind:  Alles van graad 4 is ’n nuwe ervaring vir jou kind.  Wees geduldig, gee leiding en moedig hom aan regdeur die jaar. 

Graad 4 skep uitdagings vir beide ouer en kind.  Maar dit hoef nie in ’n nagmerrie te ontaard nie.  Dit is ‘n nuwe fase, maar soos met enige iets wat nuut is klink dit aanvanklik vreesaanjaend, maar met die regte benadering gaan dit net nog ‘n akademiese jaar wees.

Products by Category

Tags: ,