Wenke vir wiskunde studiemetodes:
As daar nou een vak is wat emosies by mense wek, is dit wiskunde. Elkeen van ons het ‘n gruwel storie van ‘n onderwyser wat ons wiskunde punte laat daal het, of ‘n ouer wat ons tafels in ons ingedril het met die paplepel. Daar is baie stories om te vertel. Tog is wiskunde een van die belangrikste vakke vir Universiteitstoelating en is daar tog hoop vir diegene wat sukkel met wiskunde.