gebrek aan studiemotivering

My kind het ‘n gebrek aan motivering

Kinders van enige ouderdom sukkel soms met motivering wanneer dit kom by skoolwerk. Dalk het hulle punte geval, dalk is hulle nie lus vir huiswerk nie, of dalk is hulle net oor die algemeen negatief oor skool. As jy agterkom jou kind het skielik ‘n gebrek aan motivering, is die eerste stap om uit te vind hoekom.

Wat is die probleem?

Daar kan verskeie redes wees hoekom kinders probleme met motivering ondervind. Aspekte soos ADHD, angs, depressie, OCD en disleksie kan ‘n rol speel. Selfs verveeldheid kan tot ‘n gebrek aan motivering lei. Daar is ook sekere ontwikkelingsfases waar kinders meer geneig is om gedemotiveerd te voel. Kinders wat geboelie word, ontwikkel ook soms ‘n gebrek aan motivering en sal skielik nie wil skool toe gaan nie.

“Failure doesn’t mean the game is over, it means try again with experience.”

Len Schlesinger, Harvard Business School professor and author

Sosiale Faktore

In die hoërskool, kan daar ‘n verandering in kinders houding teenoor skool kom. Veral kinders in graad 8 en graad 9 ondervind soms ‘n gebrek aan motivering. Op daardie ouderdom is kinders ingestel op hulle vriende en wat hulle portuurgroep van hulle dink. Soms word kinders wat goed doen op skool, gesien as “nerds” en word hulle geterg. Hierdie sosiale verleentheid kan veroorsaak dat kinders nie hulle volle potensiaal bereik nie.

Wat kan ek doen om my kind te help?

Die belangrikste wat ouers kan doen, is om uit te vind hoekom jou kind gedemotiveerd is. Daarna kan jy stappe neem om die probleem aan te spreek, byvoorbeeld

  • Gaan praat met die skool
  • Monitor jou verwagtinge. Het jy realistiese verwagtinge, of verwag jy dalk bietjie te veel van jou kind volgens sy ouderdom?
  • Is die gebrek aan motivering dalk ‘n normale reaksie op verandering? Byvoorbeeld, is jou kind in ‘n nuwe lewensfase, nuwe graad, nuwe skool of het hy dalk begin met ‘n nuwe vak wat vir hom vreemd is?
  • Indien daar nie ‘n logiese rede vir die gebrek aan motivering is nie, of as dit lank aanhou, kry hulp. Kontak ‘n professionele persoon om jou en jou kind deur die proses te help. Ons bied “life coaching” sessies aan om leerders te help deur verandinge en moeilike tye, en ons het ‘n studiemetodes motiverings program om kinders te help wat deur ‘n gebrek aan motivering gaan.

“LIFE COACHING” EN STUDIE MOTIVERING

Maak ‘n Afspraak

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping