die abc van begripstoetse

Die ABC van begripstoetse

Hoekom sukkel kinders met begripstoetse? Is dit omdat hulle nie genoeg boeke lees nie? Of is dit omdat hulle dink dis maklik en nie die vrae behoorlik lees voordat hulle antwoord nie?

Begripstoetse toets nie net jou vermoë om dit wat jy lees, te kan weergee nie, maar dit fokus op ‘n hele aantal ander dinge om die leerder se kennis en begrip te te toets.

Daar is 6 tipe vrae wat gewoonlik in begripstoetse voorkom (as jy aan nog tipes vrae kan dink, skryf dit asseblief in die “comments”.

  • Meervoudige keuse vrae, waar jy moet kies uit reeds bestaande feite. Meervoudige keuse vrae klink baie maklik, maar soms is die antwoorde so naby aan mekaar dat dit moeilik is om ‘n keuse te maak.
  • Vrae waar jy ‘n sin moet voltooi.
  • Vrae waar jy inligting uit die stuk moet haal.
  • Vergelykings vrae. Dit is vrae waar jy inligting uit een deel van die stuk, moet vergelyk met inligting uit ‘n ander deel van die stuk.
  • Vrae waar jy die teks moet verstaan en verduidelik wat dit beteken.
  • Taalleer vrae. Dit is vrae wat jou kennis van taalleer toets en kyk of jy die teorie prakties kan toepas.

Hoe kan ek my kind help met begripstoetse?

Om suksesvol te wees in begripstoetse verg oefening, debat en lees. Lees is van kardinale belang, maar die meeste kinders hou ongelukkignie van lees nie. Moedig jou kind aan om elke dag ‘n bietjie te lees oor iets wat vir hom of haar interessant is. Al is dit net een bladsy. Bespreek dit wat jou kind gelees het met hom en vra hom uit oor die inhoud. Debatteer oor dit wat gelees is. Stem hy saam met die skrywer/karakter? Wat het vir hom uitgestaan? Wat sou hy anders doen? Laat hom sy antwoorde motiveer.

Om goed te doen in begripstoetse, moet jy jou taalleer ken. Gebruik flitskaarte om belangrike taalleer konsepte te memoriseer. (As jy wil weet hoe om Afrikaans of Engels te leer met flitskaarte, kontak ons vir ‘n studiemetodes werkswinkel)

Werk oefen vraestelle uit om dit wat gememoriseer is, prakties te kan toepas. Oefen vraestelle is een van die belangrikste hulpmiddels wat leerders kan gebruik om hulle begripstoets punte te verbeter. Soos die Engelse gesegde lui: “Practice makes perfect”.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping