homework paper pen person

Skryf jy jou HELE handboek oor wanneer jy opsom? Hier is raad

Hoe weet ek watter sleutelwoorde ek moet onderstreep om in my opsommings te gebruik?

As daar een aspek van leer en opsom is waarmee die meeste kinders sukkel, is dit om die regte sleutelwoorde uit die handboek te kies. Daar word óf te min woorde opgesom, óf die HELE handboek word oorgeskryf. Sleutelwoorde herken is een van die moeilikste vaardighede van studeer.

Dit is nie maklik om te weet watter woorde in ‘n sin belangrik is, en watter woorde nie. Dit is ‘n vaardigheid wat jy aanleer met oefening. Dink aan sleutelwoorde herken as ‘n sport. Jy tel nie net een dag ‘n rugbybal op en speel dadelik vir die eerste span nie. Jy oefen eers jou vaardighede en word fiks voor jy kan begin speel. Net soos sport, moet jy gereeld oefen om die regte sleutelwoorde te herken voordat jy dit perfek gaan regkry. Hier is ‘n paar wenke om jou te help:

Stap 1: Lees eers die paragraaf

Moenie net die sleutelwoorde begin onderstreep nie!

Lees eers die paragraaf deur, sodat jy weet watter dele van die paragraaf belangrik is.

Stap 2: Omkring die onderwerp

Wat is die ONDERWERP van die paragraaf?

Met ander woorde, waaroor gaan die paragraaf?

Omkring die onderwerp, want dit gaan die opskrif vir jou opsommings wees. Hier is ‘n voorbeeld:

In hierdie voorbeeld, is “Selstruktuur. Wat is selle?”, die onderwerp. Maak altyd seker jy weet wat die onderwerp van die stuk is, sodat jy weet watter opskrif om te gebruik in jou opsommmings.

Stap 3: Onderstreep nou die belangrikste woorde in elke sin

Hoe weet jy watter woorde is belangrik? “Klein” woorde soos “is, die ,en, soos”, ensovoorts, is nie altyd belangrik nie. Sulke woorde kan jy uitlos, of jy kan jou eie kode taal skep deur byvoorbeeld pyltjies, of emojis te gebruik in die plek van “klein” woorde. In plaas daarvan om te sê “Jan is honger”, kan jy byvoorbeeld skryf “Jan -> honger”.

Onthou: Werk rustig deur elke sin, moenie jaag nie

Begin met die eerste sin. Lees die sin mooi deur, en onderstreep die sleutelwoorde. Gaan dan na die volgende sin en doen dieselfde. Herhaal die proses totdat jy die hele paragraaf onderstreep het.

MOENIE VLUGLEES NIE!

Jy gaan belangrike woorde mis as jy te haastig is.

Hier is ‘n voorbeeld uit die graad 9 lewenswetenskap handboek. Ons onderstreep die belangrike woorde, maar los die “klein” woordjies uit:

Hoe weet ek dat ek die regte woorde onderstreep het?

In elke sin, lees die woorde wat jy onderstreep het, vir jouself hardop:

Verstaan jy wat jy lees?

Maak dit sin?

Is daar “klein” woordjies wat jy kan uithaal?

Moenie elke woord onderstreep nie

Dit is tydmors! Kom ons vat ‘n voorbeeld:

In die volgende sin is daar belangrike woorde, en dan is daar woorde wat nie so belangrik is nie.

Selle met ‘n ware kern word geklassifiseer as eukariotiese selle, terwyl selle sonder ‘n ware kern prokariotiese selle is.

Ons gaan nou net die belangrike woorde onderstreep. Die “klein”woordjies kan ons uitlos:

Om seker te maak dat ons die regte woorde onderstreep het, gaan ons nou elke woord wat ons onderstreep het, hardop lees:

Selle met ware kern geklassifiseer eukariotiese selle,

selle sonder ware kern prokariotiese selle.

Verstaan jy wat jy gelees het?

As jy nie verstaan nie, kan jy iets bysit, of as jy te veel onderstreep het, kan jy woorde wegvat.

Die belangrikste om te onthou is:

  • Los die “klein” woordjies uit.
  • Maak seker die woorde wat jy onderstreep het, maak vir jou sin.
  • Moenie die hele sin onderstreep nie.
  • Jy gaan dit dalk nie dadelik regkry om die regte woorde te onderstreep nie, maar hoe meer jy oefen, hoe vinniger gaan jy dit regkry.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Kontak ons by info@studiemetodes.co.za

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping