Hoe gaan ons die 3 riviertipes leer met die loci strategie?
Stap 1: Kry ‘n stuk papier en draai dit dwars
Stap 2: Teken jou huis of ‘n bekende plek op die papier
Stap 3: Plaas dit wat jy moet onthou op sekere plekke in jou huis of bekende omgewing en laat jou verbeelding vry loop.
Kom ons sê jy loop by jou huis se voordeur in en die koffie tafel is van water gemaak omring deur ‘n rivierbedding waar daar altyd ‘n mat was. Die watertafel is hoër as die rivierbedding en op die tafel is die volgende woorde geskryf met ‘n merker pen: PERMANENTE RIVIERE 365
Dan loop jy in die eetkamer in. Die eetkamer tafel is ook van water gemaak omring deur ‘n rivierbedding waar die mat altyd was, maar dit reën op die tafel. As dit ophou reën styg die rivierbedding, maar as dit rëen, is die watertafel hoër as die bedding. Op die muur staan geskryf PERIODIESE RIVIERE – REENSEISOEN
Jy stap daarna by jou kamer in om die nuutste episode van jou gunsteling reeks te kyk. Soos wat jy instap reën dit verskriklik hard. Al die reënwater loop na die hoek van jou kamer toe. Jou studietafel is besig om onder die water in te sak. Op jou rekenaar skerm staan die woorde EPISODIESE RIVIERE – AFLOOPWATER.
Deur hierdie proses gebruik deur te memoriseer en op papier neer te lê gaan jy dit maklik kan oproep in die eksamen.