stop eksamen stres

Eksamen vrees? Hier is raad

Vrees vir eksamen is al jare lank ‘n realiteit vir baie kinders.  Maar 2020 was ‘n jaar soos geen ander.  Saam met die “gewone” vrees van vroeër jare kom die komplikasies van covid ook by.  Covid het die angsvlakke van kinders defnitief verhoog.  Volgens Inanda Bosman, spelterapeut van Pretoria, het covid die angs in kinders wat reeds angstig is, ernstig verhoog.  En het kinders wat gewoonlik nie probleme met angs gehad het nie, ook skielik angsprobleme ontwikkel.  Sy noem verder dat die onsekerheid verbonde aan die virus vir kinders verdere spanning veroorsaak het. Die spanning wat die inperking vir ouers veroosaak het rondom finansies, werk van die huis af ens, het ook op die kinders ‘n negatiewe impak gehad. Die feit dat kinders nie kon sosialiseer nie en geïsoleer is agter maskers het tot verdere stres gelei. 

Eksamen stres in 2020 kan dus erger wees as vroeer jare vir sommige kinders as gevolg van die angs wat reeds ontstaan het weens covid.  Wat kan ons doen om die eksamen stres bietjie minder te maak?

1. Asemhalingstegnieke

Om elke dag ‘n paar minute se asemhalingstegnieke te doen, kan ‘n baie kalmerende impak hê op kinders wat maklik stres.  Inanda reken die belangrikste tegniek wat ouers hul kinders kan leer rondom die hantering van stres, is om die kind te leer hoe om korrekte asemhalingsmetodes toe te pas. 

Wanneer die kind begin hiperventileer agter die masker, of tydens eksamen moet die volgende eenvoudige stappe toegepas word:
Stop. Vat die gevoel van angs vas in jou kop en sê: Stop. 
Dink: Wat laat my so angstig voel? Probeer die gevoel van angs ‘pinpoint’
Haal 5 keer diep asem. Probeer dit in jou liggaam voel. Byvoorbeeld lig jou arms bo jou kop en laat val dit weer. Of in die eksamen lokaal sit jou hand op jou maag/ diafragma en voel hoe jy diep asem haal. 
Doen: Dit klink eenvouding maar sê in jou kop vir jouself: “Ek is sterker as hierdie angs. Die vrees gaan my net lam maak. Ek kan dit wen. Dit gaan my nie wen nie. Doen wat ek kan doen.
 

2. Eet, slaap en oefen

Om alles geleer te kry vir die eksamen kan baie tyd vat en ‘n negatiewe impak op slaappatrone hê.  Sommige leerders gaan slaap later of staan vroeër op om al die werk geleer te kry.  Hierdie verandering in slaappatrone kan tot angs lei in sommige leerders.  Beplan jou tyd reg sodat jy dieselfde tyd as gewoonlik gaan slaap en opstaan.  Kry genoeg slaap en sorg dat jy ‘n gesonde dieet volg en baie water drink.  Vermy kaffeine en sorg dat jy ten minste 30 minute per dag oefen.  

3. Stel doelwitte en beplan jou tyd

Stel bereikbare doelwitte op sodat jy gefokus bly en nie voel dat dinge te veel raak vir jou nie.  Beplan jou tyd reg sodat jy deur al jou werk kan leer en wanneer jy jou vraestel voltooi, antwoord eers al die vrae wat jy ken.  Gaan later terug en doen die vrae waaroor jy onseker was.  

3. Glo in jouself

Moenie dat negatiewe en vrees gedagtes jou oorheers nie.  Glo dat jy reg voorberei het en vervang negatiewe denke met positiewe gedagtes.  As jy ‘n negatiewe gedagte het, sê in jou kop STOP, en vervang dit met ‘n positiewe gedagte.  Jy kan selfs ‘n rekkie om jou arm sit, en wanneer jy ‘n negatiewe gedagte het, jouself met die rekkie skiet.  Vervang dan dadelik daardie negatiewe gedagte met ‘n positiewe een.  

4. Begin jou dag reg

Die oggend voor jy eksamen skryf is dit belangrik om rustig te bly.  Moenie jaag en nog ‘n keer deur jou werk probeer gaan nie.  Maak die aand voor die tyd seker dat alles reg is om te skryf.  Sorg dat jou penne reg is en dat alles wat jy nodig het ingepak is.  

aanlyn studiemetodes

5. Fokus op positiewe gesprekke

Die oggend voor die vraestel is dit ontsettend belangrik om nie negatiewe gesprekke te hê met jou klasmaats nie.  Iemand kan byvoorbeeld noem dat hulle op hierdie en daardie gefokus het, terwyl jou fokus op iets anders was.  Dit kan veroorsaak dat jy begin stres en “blank” slaan.  Luister eerder musiek of staan eenkant voor die vraestel begin.  

6. Kyk motiverings videos

Op Youtube is daar talle studie motiverings videos wat jou kan motiveer om hard te werk en gefokus te bly.  Hierdie videos help om jou selfvertroue te verbeter en om jou te motiveer om jou beste te doen.  Kyk ‘n video voor jy gaan slaap asook die oggend voor die vraestel om jou denke in ‘n positiewe rigting te lei.  

studiemetodes promosie

Wenke aan ouers

Volgens Inanda kan angs en vrees op verskillende maniere in kinders manifisteer.  As ouer is dit belangrik om bewus te wees van hierdie manifestasie en om dit nie te vererger nie.  Dit hang van die kind se persoonlikheid af hoe die angs in die kind gaan manifesteer. Sommige kinders veg as hul angstig raak. Hulle raak opstandig, rebellious en kwaai (meestal die roosboompies/ choleries). Ander kinders vries en die angs verlam hulle heeltemal (meestal die sierbome en dennebome) en ander kinders ‘vlug’ en gaan in ontkenning dat daar angs is. hulle onderdruk dit dus. (Meestal die palmboompies).

As jou kind sukkel met angs, kontak vir Inanda Bosman by 084 514 3173, besoek haar website by https://brooklyntherapycentre.co.za/ of stuur ‘n email na inanda.bosman@gmail.com

Boek vandag nog ‘n studiemetodes werkswinkel om jou kind te help om te leer volgens sy leerstyl.   Werskwinkels is beskikbaar  een tot een, groep of aanlyn. Kliek hier om jou plek te bespreek 

study motivation

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping