back to school

Idees vir skool tasse, kosblik en nog vir die 2022 skooljaar

Die nuwe skooljaar is hier en daar is baie dinge wat gedoen moet word.  Hier is ‘n paar idees om dinge makliker te maak vir die opkomende jaar.

Kosblik idees

‘n Gesonde kosblik is baie belangrik vir leerders van enige ouderdom.  Om konsentrasie te verbeter en te behou,  is ‘n lae GI dieet ideaal.Hier is ‘n paar idees vir ‘n gesonde kosblik aanbeveel deur ouers:

  •  Yoghurt, klein tamaties, druiwe, pepers en ‘n mini-muffin.
  • Ham en kaas broodjie (lae GI brood), piesang, yoghurt en aarbeie.

joghurt vir die kosblik

  • Groente en dip, kaas stokkies, mini muffin en “trail mix”.
  • Grondboontjie botter en konfyt broodjie (lae GI brood), vrugte stokkies en klein wortels.
  •  Soutkoekies, kaas, appels en grondboontjies.
  • Kaaswiggies, perskes, muesli en yoghurt.

kaas wiggies

Dit is beter om lae GI koeldrank, sap of water in te pak, in plaas van gas koeldrank.  Aquellé het ‘n reeks gegeurde water (sodawater en gewoon), wat nie suiker bevat nie, maar steeds lekker proe en dors les. 

water

Wees versigtig met vrugtesappe aangesien dit baie suiker bevat.  

Beplanning en organisering met kleure

Kies ‘n kleur vir elke vak om organisasie en beplanning makliker te maak.  Kry sakkies of leêrs vir elke vak om notas en opsommings in te bêre.

school zip bags

 

Merk die klasrooster met elke vak se kleur sodat die regte boeke vir elke dag ingepak word.  Jou kind gaan vinnig die kleure met elke vak assosieer.  Laat jou kind elke aand sy tas pak vir die volgende dag se rooster.  

Beplanning is baie belangrik.  Stel elke maand ‘n maand beplanner op met toetsdatums, tye vir huiswerk, leer en opsom, buitemuurse aktiwiteite rustye en beloningsdae.  Gebruik elke vak se kleur en “highlight” die aktiwiteite met daardie kleur.  Wees kreatief en maak dit interessant. 

 

Studiemetodes

Hoe gouer kinders leer om die regte studiemetodes volgens hulle leerstyl te gebruik, hoe beter en makliker gaan skool vir hulle vorentoe wees. Graad 4 kan baie oorweldigend wees en soos wat die kind ouer word, raak die volumes werk net al hoe meer.  Die regte studiegewoontes moet van graad 4 af reeds gekweek word.  Stuur ‘n epos na info@studiemetodes.co.za om ‘n aanlyn of in-persoon werkswinkel te boek of kliek hier om ‘n datum te bespreek.

studiemetodes

Watter skooltas is die beste?

Om die regte skooltas te kry vir jou kind, kan moeilik raak.  Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word.  Hoeveel handboeke het hulle?  Is daar sluit kabinette waar hulle van hulle handboeke kan bêre?  Wat is die vereistes van die skool rakende skooltasse? 

Laerskool kinders het oor die algemeen meer handboeke om rond te dra as hoërskool kinders, en daarom is ‘n groter tas ‘n beter opsie vir leerders vanaf graad 4 tot graad 7.  Voordat jy ‘n tas koop, is dit belangrik om te weet wat die skool se vereistes is en watter skooltasse toegelaat word.  Sommige skole verkoop skooltasse met die skool se logo op wat gewoonlik groot genoeg is vir die leerders se behoeftes. Moenie klein tasse koop vir graad 4 kinders nie, want hulle het baie boeke wat hulle moet ronddra.  Die volgende tasse word aanbeveel:

Boomerang 

boomerang skool tas

 

Totem 

totem skooltas

 

Cadii (ideaal vir graad 4 tot graad 7 leerders)

cadii skool tas

K-Way ECO  (ideaal vir hoërskool leerders)

k-way cape union mart skooltas

 

 

 

Skep doelwitte

Sit saam met jou kind aan die begin van elke kwartaal en skep bereikbare doelwitte.  Moenie te hoog mik met die doelwitte nie.  As jou kind 50% gekry het vir wiskunde, moenie dadelik mik vir 80% nie.  Doelwitte moet tree vir tree bereik word. 

Vir motivering kan ouer en kind saam ‘n visie bord maak met prente en fotos.  Die doel van die visie bord is om as motivering vir leer te dien.  As jou kind graag eendag ‘n Ferrari wil ry, sit dit op die visie bord en plak dit op ‘n plek waar hy dit gereeld kan sien.  Wanneer hy moedeloos voel oor sy skoolwerk, kyk saam met hom na sy visie bord en herinner hom hoekom hy leer. 

visie bord / vision board

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping