flitskaarte

Wenke om datums te onthou

Om datums te onthou is vir sommige kinders ‘n uitdaging.  Wanneer dit eindeksamen is en daar ‘n klomp datums onthou moet word, kan dit oorweldigend raak.  Wanneer ons tydens ons studiemetodes werkswinkel vir die leerders vra wat spesifiek hulle mee sukkel, is die antwoord amper elke keer datums. Hoe kan hulle onthou watter gebeurtenis plaasgevind het op ‘n spesifieke datum, veral as hulle niks van Geskiedenis hou nie.  Soms is die motivering min en moet ons uit die boks dink om leer so ‘n klein bietjie interessanter te maak.

Flitskaarte

flitskaarte

Flitskaarte is een van die mees effektiefste maniere om datums te leer en te onthou.  Dis ook lekker om te maak en leerders kan rondloop terwyl hulle die flitskaarte leer. 

Hoe maak ek 'n effektiewe flitskaarte?

flitskaart

Kry ‘n karton in die kleur van jou keuse en sny dit in kaartjies wat lekker in jou hand pas.  As die kaartjies te groot is gaan jy dit nie lekker kan vashou terwyl jy rondloop en dit leer nie.  En as dit te klein is gaan jy nie al die inligting opkry en prente kan bysit nie.  

flitskaarte

Aan die voorkant van die kaartjie skryf jy die datum wat jy moet onthou.  Gebruik verskillende kleure en prente wat jou gaan help om te onthou wat op daardie spesifieke dag gebeur het.

1652

Aan die agterkant van die kaartjie skryf jy dit wat gebeur het op daardie datum.  Gebruik weereens kleure en prente wat jou gaan help om makliker te onthou.

1939
wereldoorlog

Om die kaartjies te maak is net die eerste stap.  Nou moet jy die kaartjies memoriseer.  Loop rond met jou kaartjies en lees dit hardop.  Kyk na die voorkant en sê die datum hardop terwyl jy na die prentjies en kleure op die kaartjie kyk.  Draai dan die kaartjie om en sê hardop wat agterop staan.  Doen dit oor en oor tot jy dit goed ken.  Kyk dan net na die voorkant van die kaartjie en probeer onthou wat op daardie datum gebeur het.  Kyk dan na die agterkant en probeer onthou op watter datum daardie spesifieke gebeurtenis plaasgevind het.  Doen dit oor en oor totdat jy die datums uit jou kop ken.  

Speel speletjies

Daar is verskillende speletjies wat ons kan speel om ons te help om datums te onthou.  Hierdie speletjies werk die beste as jy eers ‘n paar keer deur jou flitskaarte gewerk het. 

Speletjie 1: Pas datums bymekaar

memory game

Vir hierdie speletjie gebruik ons die konsep van die bekende “memory match” speletjie om ons te help om datums te onthou.  

Sny ‘n klomp kaartjies uit en skryf al die datums wat jy moet onthou op een stel kaartjies.  Een kaartjie per datum.  Vat nog kaartjies en skryf dit wat op die spesifieke datums gebeur het, op daardie kaartjie neer.  En kaartjie per gebeurtenis.  

1994
1652
europeers land aan die kaap

Skommel al die kaartjies en plaas hulle ondersto op ‘n tafel neer.  Sit so 3 of 4 kaartjies in ‘n ry.  

memory match

Nou moet jy begin om die kaartjies bymekaar te pas deur hulle 2 -2 op te tel.  Jy mag net 2 kaartjies op ‘n slag optel.  Die doel van die speletjie is om die regte datum by die regte gebeurtenis te pas.  As jy die kaartjie “Europeers land aan die Kaap” optel, moet jy eerstens probeer onthou op watter datum dit gebeur het.  Dan moet jy die kaartjie soek wat sê 1652,  Maar jy mag net 2 kaartjies op ‘n slag optel, dan moet jy hulle weer omdraai.  Dus mag daar met elke beurt net 2 kaartjies wees wat omgedraai is.  As jy 2 kaartjies kry wat bymekaar pas, kan jy die kaartjies omgedraai los.  Hou so aan totdat al die kaartjies na bo wys.  Maak beurte met jou gesin en kyk wie kan die meeste kaartjies reg bymekaar pas.  Wanneer jy almal reg gepas het,  kan jy weer die kaartjies skommel en van voor af begin.  

Hierbo het ons die kaartjie “Europeers land aan die Kaap” opgetel.  Nou soek ons die kaartjie waarop 1652 staan, want in 1652 het Europeers aan die Kaap geland.  Jy mag net 2 kaartjies op ‘n slag optel.  So as jy die kaartjie optel waarop 2001 staan, het jy nie die regte kaartjies bymekaar gepas nie en moet jy albei kaartjies weer omdraai.  Hou so aan tot jy kaartjies kry wat bymekaar pas.  

memory

Hierbo het ons nou die regte kaartjies bymekaar gepas.  In 1652 het Europeers aan die Kaap geland.  Probeer nou al die ander kaartjies bymekaar pas.  

Speletjie 2: Kies 'n datum

Die doel van hierdie speletjie is om ‘n datum te kies en dan te vertel wat op daardie datum gebeur het.  Skryf al die datums wat jy moet onthou op ‘n groot stuk papier neer. 

kies 'n datum

Maak nou jou oë en kies enige datum met jou vinger.  As jou vinger byvoorbeeld op 2001 land, moet jy kan vertel wat op daardie dag gebeur het.  As jy nie kan onthou nie, gaan weer deur jou flitskaarte of lees in jou handboek.  Kyk wie in jou gesin die meeste datums kan onthou.  As jy verkeerd antwoord, is dit die volgende persoon se beurt.  Hou so aan totdat jy maklik kan onthou wat op elke datum gebeur het.  

Probeer hierdie metodes en jy sal nooit weer sukkel om ‘n datum te onthou nie.

Wil jy nog wenke hê?  Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by.  Dit word in Pretoria of aanlyn aangebied.  Kontak ons by info@studiemetodes.co.za vir meer inligting. 

Studie Metodes

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping