Maak nou jou oë en kies enige datum met jou vinger. As jou vinger byvoorbeeld op 2001 land, moet jy kan vertel wat op daardie dag gebeur het. As jy nie kan onthou nie, gaan weer deur jou flitskaarte of lees in jou handboek. Kyk wie in jou gesin die meeste datums kan onthou. As jy verkeerd antwoord, is dit die volgende persoon se beurt. Hou so aan totdat jy maklik kan onthou wat op elke datum gebeur het.
Probeer hierdie metodes en jy sal nooit weer sukkel om ‘n datum te onthou nie.
Wil jy nog wenke hê? Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by. Dit word in Pretoria of aanlyn aangebied. Kontak ons by info@studiemetodes.co.za vir meer inligting.