Graad 4 – Wenke vir ouers

Wanneer kinders na ‘n hoër graad toe gaan, is daar gewoonlik ‘n opgewondenheid en dalk klein bietjie spanning.  Maar om van graad 3 na graad 4 toe te beweeg, is ‘n groot stap, beide op akademiese en emosionele vlak.  

Wat maak graad 4 anders?

Van graad 1 tot graad 3 is onderwysers gefokus op die kind en is kinders steeds baie afhanklik van ouers en onderwysers.  Vanaf graad 4 moet kinders leer om meer onafhanklik te werk.  In graad 4 is die werkslading meer omdat daar meer vakke is en die skooldag langer is as in graad 3.  Kinders het ook meer as 1 onderwyser en moet gewoond raak aan verskillende maniere van onderrig en om klasse te wissel.  Tasse raak swaarder omdat daar meer vakke is.  Op sosiale vlak kan die middel kinder jare ‘n uitdaging wees en kan kinders begin om met maats te bots en groepsdruk begin plaasvind.  

Wenke vir graad 4 ouers

  • Begin om jou kind meer onafhanklikheid te gee.  Laat hom self sy huiswerk doen en leer hom stelselmatig om sy eie opsommings te maak.
  • Leer hom beplan volgens sy rooster.  Gee hom leiding om die regte boeke op die regte dae te pak en seker te maak hy het alles wat hy nodig het.
  • Praat positief.  Moenie naby jou kind praat oor hoe stresvol dit is dat hy in graad 4 is nie of hoe erg dit is om eksamen te skryf nie.
  • Luister vir jou kind en hou sy gedrag dop.  As hy skielik baie siek voel en nie wil skool toe gaan nie moet jy betyds optree en hulp kry.
  • Werk in sessies.  Leer vir ‘n halfuur en rus vir 15 minute.  Wees aktief gedurende die rusperiode.  
  • Leer hom die regte studiemetodes van jongs af.  Moenie opsommings koop nie, maar leer hom eerder om dit self te doen.  Ons studiemetodes werkswinkel leer kinders vanaf graad 4 om die regte studiemetodes toe te pas.  Lees meer by https://www.studiemetodes.co.za/
  • Leer hom tegnieke om eksamen stres te hanteer.  Lees meer by https://www.studiemetodes.co.za/eksamen/eksamen-vrees-hier-is-raad/

Graad 4 hoef nie oorweldigend te wees nie.  Leer jou kind stelsematig om onafhanklik te werk en motiveer hom om sy potensiaal te bereik.

As jy wil he jou kind moet onafhanklik leer, kontak ons vir ‘n studiemetodes werkswinkel by info@studiemetodes.co.za.  Word aangebied op individuele, groep of aanlyn formaat.  Hier is ‘n lys van opkomende groepwerkswinkels:  https://www.studiemetodes.co.za/opkomende-studiemetodes-werkswinkels/ 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping