1. Spandeer genoeg tyd buite. Dit help vir konsentrasie en fokus.
2. Laat hulle beweeg. Hulle sal baie meer effektief leer as hulle kan staan by hulle tafel, hulle voete beweeg of heen en weer kan loop.
3. Moenie leer en huiswerk sessies te lank maak nie. Vat gereeld breuke en gaan doen iets aktiefs buite. ‘n Trampoline is ‘n baie goeie idee
4. Wanneer hulle stappe moet onthou, laat hulle die stappe in hulle verbeelding uitbeeld.
5. Die dolfyn se aandag volg sy hande. Moedig hulle aan om notas te maak, prentjies, grafieke of diagramme te maak van dit wat hulle hoor.
6. Moenie vir hulle ‘n wiskunde som in geheel verduidelik nie, maar laat hulle stap vir stap die som doen terwyl jy elke stap verduidelik.
7. Flitskaarte werk uitstekend vir die dolfyn leerder.