Eksamen: Te veel werk en te min tyd…

Dis eksamen tyd en almal se gemoedere loop hoog.  Die werk is baie en die tyd min.  Hoe gemaak as ek groot volumes werk het om te leer, maar baie min tyd?

1. Berei jou opsommings betyds voor

Teen eksamen tyd moes jou opsommings alreeds klaar gewees het.  As jy nou eers begin opsom, is dit eintlik te laat.  Gedurende eksamen tyd moet jy jou opsommings memoriseer.  Maak seker jou opsommings bevat die belangrikste inligting en dat dit duidelik uiteengesit word.  Opsommings is deel van jou leer proses, so maak seker jy doen jy eie opsommings.  Moenie ander mense se opsommings gebruik nie.  

As jy nie weet hoe om op te som nie, kontak ons om ‘n studiemetodes werkswinkel by te woon.

2. Doen behoorlike tydsbeplanning

Wanneer jou werk baie is om te leer, is tydsbeplanning ekstra belangrik.  Voor jy begin leer, gaan sit en kyk hoeveel bladsye jy moet leer.  Kyk dan hoeveel ure het jy om dit te leer.  As jy 4 ure het om 20 bladsye te leer, moet jy 5 bladsye per sessie leer.  Maak seker jy maak ook tyd om weer een keer deur al jou werk te gaan.  

 

studiemetodes

3. Stel doelwitte en beloon jouself

Maak ‘n beloningskaart vir jouself.  Wanneer jy die hoeveelheid bladsye geleer het wat jy beplan het vir die sessie, plak ‘n ster op die kaart of merk dit af op enige manier.  Mens sal verbaas wees hoe dit jou motiveer wanneer jy fisies die doelwitte wat jy bereik het,  afmerk.  Wanneer jy al jou doelwitte bereik het, beloon jouself met iets lekkers.  

beloningskaart

4. Neem genoeg ruskanse

Wanneer jy baie werk het om te leer, is mens geneig om vir lank aanmekaar te leer sonder om te rus.  Dit is die verkeerdste ding wat jy kan doen.  Leer maksium 45 minute en rus dan vir 10 na 15 minute.  Doen iets aktief tydens die rusperiode sodat jou brein genoeg suurstof kan kry om weer te kan konsentreer.   

 

5. Leer volgens jou leerstyl

Gebruik jou leerstyl tot jou voordeel.  As jy ‘n kinetiese leerder is, loop rond of staan terwyl jy jou opsommings memoriseer.  Visuele leerders moet hulle kleurvolle opsommings oral SIEN sodat hulle dit kan herroep tydens die eksamen.  Ouditiewe leerders moet hulleself altyd hoor.  Al drie leerstyle moet hardop leer.  Hoe meer sintuie jy gebruik, hoe beter.

Wil jy weet wat jou leerstyl is?  Doen ons aanlyn leerstyl toets of woon ‘n studiemetodes werkswinkel by. 

6. Bly kalm

Wanneer jy baie werk het om te leer en jy voel dat jy nie al die werk gaan onthou nie, is ‘n mens geneig om te begin stres.  Wat gebeur wanneer jy stres?  Jou hele fokus gaan na die probleem toe, en jou liggaam fokus net daarop.  Jou brein neem nie die inligting in soos hy moet nie en jy raak geirriteerd want jy wil uit die stresvolle situasie kom.  Haal diep asem deur jou neus , tel tot drie en blaas die lug by jou mond uit.  Herhaal dit ‘n paar keer totdat jy rustiger voel.  Plaas jou fokus op die einddoel, en dit is om deur jou werk te leer en jou doelwitte te bereik.  

Om hoë volumes werk te leer moet jy reg beplan.  Gebruik jou tyd slim en deel jou werk op in kleiner dele.  Stel doelwitte vir elke leer sessie en beloon jouself as jy dit bereik het.  Onthou, jy werk vir jouself, nie vir enige iemand anders nie.  Vat verantwoordelikheid vir jou eie sukses.  

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping