kan ek musiek luister terwyl ek leer?

Is dit goed om na musiek te luister wanneer ek leer?

Baie mense vind dat musiek hulle help om te konsentreer terwyl hulle studeer en werk. Ander vind dit moeilik om met enige agtergrondgeraas te fokus.

Musiek bied baie voordele, insluitend:

  • Verbeterde bui;
  • Verhoogde motivering;
  • Verhoogde konsentrasie;
  • Verbeterde geheue en breinstimulasie;
  • Beter hantering van pyn en moegheid

Maar nie almal stem saam dat musiek ’n studiesessie verbeter nie. So wat is die waarheid – help musiek wanneer jy leer, of nie?

Musiek beinvloed mense op verskillende maniere, so die antwoord is nie net ‘n eenvoudige “ja” of “nee” nie.

Hoe kan musiek my help wanneer ek leer?

Dink net hoe lekker kan dit wees as jy ‘n liedjie kon kies, en daardie liedjie kon jou help met jou wiskunde som, of jou help om jou geskiedenis makliker te leer?

Ongelukkig werk dit nie so nie, maar daar is wel baie voordele aan musiek.

1. Musiek verminder stres en verbeter jou bui

Musiek motiveer jou nie net nie. Dit kan jou help om stres te verminder en om ‘n meer positiewe ingesteldheid tenoor jou studies te hê. Om te leer vir die eksamen kan baie stresvol wees,. As jy oorweldig of ontsteld voel, kan musiek jou help om te ontspan en meer effektief te werk.

2. Musiek kan jou motiveer

As jy sukkel met huiswerk, of moeg geleer is in die eksamen, kan musiek jou oplig en jou motivering verbeter. Gebruik musiek as ‘n beloning vir jou harde werk. Wanneer jy ‘n breuk vat, luister na jou gunsteling liedjie. Jy sal gou weer positief en gemotiveerd voel.

3. Musiek kan jou fokus verbeter

Daagliks moet jou brein massas inligting verwerk. Om dit te kan absorbeer, deel jou brein al die inligting in kleiner segmente op. Navorsing het bewys dat musiek jou brein kan leer om meer gefokus te wees, en om die vermoë te kan ontwikkel om uitkomste te kan voorspel. Musiek kan dus jou brein help om nuwe inligting makliker te verstaan en te kan weergee. Dit verbeter ook jou vermoë om te kan redeneer.

4. Musiek kan jou help om nuwe inligting te memoriseer

‘n Studie in 2014 het bewys dat klassieke musiek die uitvoering van geheue en prossesserings take, verbeter het.

Hierdie bevindings dui daarop dat sekere soorte musiek kan help om memoriseringsvermoëns en ander kognitiewe funksies ‘n hupstoot te gee.

Musiek help om jou brein te stimuleer, soortgelyk aan die manier waarop oefening jou liggaam help stimuleer.

Hoe meer jy jou spiere oefen, hoe sterker word hulle, nie waar nie? Om jou brein ‘n kognitiewe oefensessie te gee, kan help om dit op ‘n soortgelyke manier te versterk.

Hoe kan musiek skade doen wanneer jy leer?

Nie almal vind musiek voordelig wanneer hulle leer nie. Musiek kan ‘n negatiewe uitwerking op sekere studente hê. Hier is ‘n paar nadele om met musiek te leer:

1. Musiek kan jou aandag aftrek

‘n Belangrike aspek van musiek se impak, is die vermoë om jou aandag af te lei. Wanneer jy gestres of hartseer voel, kan musiek jou laat beter voel en jou laat vergeet van dit wat jou pla. Maar wanneer jy leer, wil jy nie hê dat iets jou aandag moet aftrek nie. Jy kan nie ‘n wiskunde som uitredeneer, of die feite van jou biologie memoriseer, wanneer jy na harde musiek of vinnige musiek luister nie.

2. Musiek kan ‘n negatiewe impak op werkende geheue hê

Werkende geheue verwys na die inligting wat jy gebruik vir probleemoplossing, leer en ander kognitiewe take.

Jy gebruik werkende geheue wanneer jy probeer om dinge te onthou, soos:

  • items op ‘n lys
  • stappe om ‘n wiskundeprobleem op te los
  • volgorde van gebeure

Die meeste mense kan net met ‘n paar stukke inligting op ‘n slag werk. ’n Hoë werkgeheue-kapasiteit beteken dat jy meer materiaal kan hanteer. Maar musiek verminder jou werkende geheue kapasiteit. As jy reeds sukkel om inligting in te neem, kan musiek dit net nog moeiliker maak.

3. Musiek kan leesbegrip verlaag

Sekere soorte musiek – insluitend musiek met lirieke en instrumentale musiek wat vinnig en hard is – kan dit moeiliker maak om leesstof te verstaan ​​en te absorbeer.

Of jy nou na ‘n aand van Victoriaanse literatuur kyk of een-tot-een-tyd met jou biologie-handboek het, sagte klassieke musiek met ‘n stadige tempo is dalk ‘n beter keuse.

Het jy hulp nodig met studiemetodes? Ons studiemetodes werkswinkel kan jou lewe verander! Kliek hier om jou plek te bespreek.

10 Stappe om gedigte te leer
Hoe leer ek vir wiskunde?

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping