hoe leer ek geskiedenis

Hoe om te leer vir geskiedenis

Hoekom is geskiedenis belangrik?

Die verlede leer ons van die hede. Omdat geskiedenis vir ons die gereedskap gee om probleme in die verlede te analiseer en te verduidelik, posisioneer dit ons om patrone te sien wat andersins onsigbaar in die hede kan wees – en bied dus ‘n deurslaggewende perspektief vir die verstaan ​​(en oplos!) van huidige en toekomstige probleme.

Hoe leer ek vir geskiedenis?

1. Datums

Datums is baie belangrik wanneer jy geskiedenis leer. Jy moet die datums uit jou kop ken en verstaan wat op daardie dag gebeur het. Die beste manier om datums te leer, is om flitskaarte te gebruik. Skryf die datum aan die voorkant, en dit wat gebeur het op daardie datum, aan die agterkant.

2. Temas

Wanneer jy ‘n spesifieke tema leer, of die geskiedenis van ‘n spesifieke tydperk moet ken, is dit slim om kleure te gebruik wat jou aan daardie tema herinner. Skryf byvoorbeeld alles wat jy moet leer oor die tweede wêreldoorlog op blou flitskaarte en gebruik verskillende skakerings van blou in jou opsommings. Wanneer jy die geskiedenis van die Franse revolusie leer, kan jy oranje flitskaarte maak, en jou opsommings in skakerings van oranje, rooi en geel maak.

Speel rond met kleure en gebruik dit slim. Jou brein gaan eerstens die kleure onthou, en dan die inligting waarin die kleure geskryf is.

Wil jy weet hoe om op te som? Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by waar ons jou leer hoe om op te som en te memoriseer vir verskillende vakke. Alles volgens jou leerstyl. Kliek hier om jou plek te bespreek.

3. Ken die feite

Wanneer jy geskiedenis leer, is daar sekere feite wat jy defnitief moet weet.

  • Naam van die gebeurtenis. Byvoorbeeld die tweede wêreldoorlog.
  • Waar die gebeurtenis plaasgevind het.
  • Wat presies het gebeur?
  • Watter details is belangrik? (Datums ens.)
  • Wie is die belangrikste persone wat ‘n rol gespeel het?
  • Hoekom het dit gebeur en hoekom is dit belangrik dat ek nou daarvan weet?

Vir elke onderwerp moet jy die bogenoemde feite ken, en (baie belangrik!), verstaan.

5. Kry insig deur dokumentêre programme

Wanneer jy ‘n onderwerp leer, is dit goed om jou kennis en insig van daardie onderwerp te verbeter, deur dokumentêre programme daaroor te kyk.

6. Oefen vraestelle

Vir enige vak is oefen vraestelle baie belangrik. Dit leer jou hoe om moeilike vra te antwoord en hoe om dit wat jy geleer het, op papier neer te skryf.

7. Memoriseer jou werk deur aktiewe leer

Moenie te veel werk op een slag leer nie. Fokus op klein deeltjies en maak seker jy ken elke gedeelte voor jy aanbeweeg na die volgende gedeelte. In hierdie video leer ons jou meer oor aktiewe leer:

Memoriseer deur aktiewe leer

8. Maak dit ‘n storie

Geskiedenis is soos ‘n storie wat jy lees, of ‘n fliek wat jy kyk. Wanneer jy leer vir geskiedenis, is dit belangrik dat jy die feite in volgorde leer, maar soos wat jy leer, probeer om die gebeure in jou kop te sien gebeur. Maak jouself deel van die storie. Verbeel jou jy is daar en jy sien wat gebeur.

Hoe gemaak met langvrae?

Geskiedenis, veral van graad 10 tot 12, het baie langvrae wat jy moet ken. Kyk na hierdie video as jy wil weet hoe om langvrae te antwoord:

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping