hoe leer ek langvrae vir geskiedenis

Hoe leer ek ‘n langvraag vir geskiedenis?

Geskiedenis het groot volumes werk wat jy moet leer. En dan is daar nog langvrae ook wat jy moet onthou. As jy reg en slim leer vir geskiedenis, gaan die langvrae nie vir jou moeilik wees nie. Volg hierdie stappe om langvrae vir geskiedenis, of enige ander vak, te leer.

Stap 1: Lees die oorsig

Aan die begin van ‘n hoofstuk of eenheid, is daar gewoonlik ‘n oorsig wat vir jou vertel waaroor die eenheid gaan. Dit wys vir jou wat belangrik is en waaraan jy moet aandag gee. Lees die oorsig aandagtig deur sodat jy weet waarop om te fokus.

die koue oorlog

Stap 2: Lees die hele langvraag hardop deur

Wannneer jy die langvraag lees, probeer in jou gedagtes “sien” wat jy lees. Verbeel jou dat jy in daardie tydperk is en dat jy deel is van dit wat gebeur.

Stap 3: Maak ‘n opsomming van die langvraag

Som jou langvraag op deur die belangrikste feite in kronologiese volgorde neer te skryf. As jy nie weet hoe om op te som nie, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by. Ons leer jou hoe om al jou vakke op te som en te memoriseer.

Kliek hier om jou plek te bespreek

Stap 4: Leer die subopskrifte

Die subopskrifte is die raamwerk van jou langvraag. As jy die subopskrifte ken, gaan dit vir jou makliker wees om die feite onder elke subopskrif weer te gee in die eksamen. In die voorbeeld hieronder, is daar ‘n paar subopskrifte wat jy moet ken:

  • Definisie van die begrip koue oorlog;
  • Wat was dit?
  • Watter metodes is gebruik?
  • Wie was primêr betrokke?
  • Oorsake van die oorlog en meer.

Stap 5: Memoriseer die feite onder elke subopskrif

Noudat jy die raamwerk ken, moet jy begin om die feite onder elke subopskrif te memoriseer. Moenie die hele langvraag op een slag leer nie. Vat ‘n subopskrif, en memoriseer die feite. Gaan dan na die volgende subsopskrif en memoriseer daardie feite. Hou aan totdat jy al die subopskrifte met hulle feite gememoriseer het. Vertel dit vir jouself soos ‘n storie, en gebruik aktiewe leer wanneer jy memoriseer. Hier is ‘n video wat vir jou verduidelik hoe om aktiewe leer te gebruik.

Stap 6: Sit al die subopskrifte bymekaar

Jy ken nou al die subopskrifte asook die feite onder elke subopskrif. Sit nou jou langvraag bymekaar soos wat jy ‘n legkaart sal bou. Jy gaan nou die langvraag as ‘n geheel memoriseer. Verduidelik die langvraag vir jouself oor en oor en maak seker jy verstaan wat jy leer.

Stap 7: Skryf die langvraag ‘n hele paar keer neer

Maak seker jy het al die feite neergeskryf. As daar feite is wat jy vergeet het, gaan weer deur jou langvraag.

As jy hierdie stappe gaan volg, gaan jy baie goeie punte kry vir jou geskiedenis langvraag. Onthou, jy kan hierdie metodes vir enige vak se langvrae gebruik.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping