diligent small girl drawing on paper in light living room at home

5 Dinge om aan die begin van die nuwe skooljaar te doen

Om ’n nuwe skooljaar te begin is baie opwindend, maar dit kan ook ’n uitdaging wees.  Hier is 5 dinge wat leerders aan die begin van die skooljaar kan doen om die jaar op die regte noot te af te skop.

Organiseer jou skryfbehoeftes en maak jou studie ruimte reg.

Begin deur al jou skool benodighede te organiseer.  Dit is dinge soos boeke, penne, potlode en enige ander materiaal wat jy deur die jaar gaan gebruik.  Dit is belangrik om seker te maak dat jy alles het wat jy nodig het om goed voorbereid te wees vir jou klasse. 

Skep ’n studie ruimte, met ander woorde ’n plekkie waar jy kan gaan sit en leer sonder dat daar dinge is wat jou aandag gaan aftrek. Maak seker dis op ’n stil plek waar jy hardop kan leer en met jouself praat.  Kry vir jou ’n witbord en sit op ’n gemaklike stoel.  Onthou, jou bed is nie die ideale studieruimte nie.  

Stel doelwitte op

Wat is jou akademiese en persoonlike doelwitte vir die komende skooljaar?  Watter punte wil jy graag hê? In watter vak wil jy graag verbeter? Wat is jou doelwitte vir sport en buitemuurse aktiwiteite?

Onthou om jou doelwitte in klein dele op te breek wat maklik bereikbaar is. Wees realisties. 

Gebruik die regte studiemetodes

Maak seker jy weet hoe om te leer volgens jou leerstyl.  Korrekte studiemetodes vereis dat jy jou werk so gou as moontlik opsom nadat jy dit in die klas geleer het. Vir hulp met studiemetodes, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by. Kliek hier om in te skryf.

Werk met ’n plan

Begin so gou as moontlik om ’n tydskedule uit te werk.  Maak seker jy los genoeg tyd vir huiswerk, buitemuurse aktiwiteite en rus.  Moenie te veel dinge op ’n dag probeer indruk nie, maar maak seker jy kom by al die belangrike dinge uit.  ADHD leerders moet die “Focus Matrix” gebruik wanneer hulle tydsbeplanning doen.  Lees meer daaroor hier.

Wees positief

Vergeet van verlede jaar en gaan die nuwe skooljaar in met ’n positiewe houding.  Gebruik streshanteringstegnieke as jy oorweldig voel en maak seker jy kry genoeg slaap.  Moenie laat ’n slegte toets jou onderkry nie.  Wees positief en werk hard.

Deur hierdie stappe aan die begin van die skooljaar te neem, kan jy ‘n stewige grondslag vir akademiese sukses, persoonlike groei en algehele welstand vestig.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping