Die periodieke tabel kan soms oorweldigend wees om te leer. Dit hoef egter nie so te wees nie. Dink aan die periodieke tabel soos ‘n klomp lego blokkies wat jy bou. Elke blokkie, of element, het ‘n spesifieke plek op grond van hulle atoom struktuur. Die periodieke tabel het rye en kolomme waarvan elkeen spesifieke eienskappe het. So kry jy byvoorbeeld magnesium (Mg) en Kalsium (Ca) in kolom twee wat baie van dieselfde eienskappe het.
Wanneer jy na die periodieke tabel kyk, moet jy onthou dat elke ry ‘n periode genoem word. Dis waar die naam periodieke tabel vandaan kom! Al die elemente in ‘n periode het dieselfde hoeveelheid atomiese orbitale.
So het elke element in die boonste ry (die eerste periode) een orbitaal vir sy elektrone. Al die elemente in die tweede ry (of tweede periode), het twee orbitale vir hulle elektrone. Soos wat jy afbeweeg word daar met elke ry ‘n orbitaal bygevoeg.
-
Product on sale50 Periodieke Tabel Vraag En Antwoord FlitskaarteOriginal price was: R200,00.R110,00Current price is: R110,00.
-
Product on salePeriodieke Tabel: Metale, Metalloïede en Nie-metale: Lys en opsommingsOriginal price was: R120,00.R75,00Current price is: R75,00.
-
Product on salePeriodieke Tabel Digitale Plakkaat AfrikaansOriginal price was: R120,00.R80,00Current price is: R80,00.
-
Product on salePeriodieke Tabel – Flitskaarte (1-73), Werkskaarte & NotasOriginal price was: R300,00.R160,00Current price is: R160,00.
-
Product on salePeriodieke Tabel Flitskaarte (Eerste 20 elemente)Original price was: R200,00.R110,00Current price is: R110,00.
Jy het nou geleer dat die rye in die tabel periodes genoem word. Hulle beweeg natuurlik van links na regs. Maar die periodieke tabel het ook ‘n spesifieke naam vir kolomme wat van bo na onder gaan. Elke kolom word ‘n groep genoem. Die elemente in elke groep het dieselfde hoeveelheid elektrone in die buitenste orbitaal.
Wil jy weet hoe om die periodieke tabel te memoriseer? En hoe om dit beter te verstaan? Woon ons studiemetodes werkswinkel by en leer al die tegnieke. Kontak ons by info@studiemetodes.co.za
Die boonste twee
Waterstof (H) en helium (He) is spesiale elemente. Waterstof in sy neutrale vorm, het nie ‘n neutron nie. Daar is slegs een elektron en een proton. Daarom sal jy nie sommer atomiese waterstof op hulle eie sien nie. Atomiese waterstof wil met ander elemente kombineer om sy buitenste gedeelte te vul.
Helium is anders as die ander elemente. Dit is baie stabiel met slegs twee elektrone in sy buitenste orbitaal. Alhoewel helium slegs twee elektrone het, word dit steeds gegroepeer saam met die edelgasse wat agt elektrone in hulle buitenste orbitale het.