Die mens se brein is ‘n ongelooflike komplekse orgaan. Ons gebruik memorisering of geheue om inligting te kry, te stoor en later weer op te roep.
Om inligting wat ons gememoriseer het, weer op te roep, moet dit in ons geheue gekodeer word. Soos wat mens inligting in ‘n rekenaar intik en die “save” knoppie druk. Daar is baie faktore wat ons geheue kan beinvloed. Soms is iets op die punt van ons tong, maar ons kan dit nie onthou nie. Maar na ‘n rukkie het die brein deur al die paadjies gehardloop en kan ons skielik onthou. Maar met ons skoolwerk wil ons nie sukkel om iets te onthou nie. Daarom gebruik ons sekere memoriseringstegnieke om ons te help om die inligting reg te stoor en op te roep.