eksamen vraestel antwoord wenke

Onthou hierdie dinge wanneer jy ‘n eksamen vraestel antwoord

Eksamens kan baie stresvol wees.  Jy leer hard, jy is moeg en jy wil net met vakansie gaan.  Soms leer jy baie hard, maar maak steeds foute wanneer jy ‘n vraestel antwoord.  Hier is ‘n paar dinge wat jy moet onthou wanneer jy ‘n eksamen vraestel antwoord.

Wees voorbereid

Dis belangrik om reg te wees vir die vraestel wanneer jy die eksamen lokaal betree.  Het jy genoeg penne?  Skryf almal? As jy ‘n vak skryf waar jy ‘n sakrekenaar of spesifieke items nodig het, maak seker jy het dit by jou en dat alles werk soos dit moet.  

Maak seker jy ken en verstaan jou werk

Indien jy jou werk goed ken en dit wat jy geleer het, verstaan, gaan dit nie vir jou moeilik wees om die vraestel te antwoord nie.  Het jy hulp nodig met studiemetodes of sukkel jy om te leer?  Kontak ons by info@studiemetodes.co.za

Moenie net begin antwoord nie.

Voor jy begin antwoord moet jy eers die hele vraestel deurlees.  Maak seker jy verstaan die instruksies en dat jy weet wat van jou verwag word.

Lees elke vraag 2 keer deur

Maak seker jy lees elke vraag ten minste twee keer deur en dat jy verstaan wat gevra word.  Moenie net halfpad lees en dan haastig begin anwoord nie. So gaan jy punte verloor.

Kyk uit vir spesifieke woorde wat gevra word

Lees mooi hoe die vraag gevra word.  Kyk uit vir woorde soos beskryf, bespreek, noem ens.  Dit gee jou wenke oor hoe jy moet antwoord.

Kyk hoeveel punte elke vraag tel

Dit is baie belangrik dat jy weet hoeveel punte elke vraag tel.  Anders skryf jy dalk te min en verloor punte, of jy skryf te veel en mors tyd.  Jy kan altyd na die tyd terugkom na die vraag toe as jy klaar is met jou hele vraestel en dan ‘n paar ekstra punte byvoeg.

Moenie haastig wees nie

As jy jou werk goed ken is dit nie nodig om te stres en oorhaastig te wees nie.  Onthou ‘n haastige hond verbrand sy mond! Jy gaan foute maak as jy oorhaastig is.  

Veg teen eksamen stres

As jy te veel stres oor die eksamen en bang is dat jy nie jou werk gaan onthou nie, gaan jy foute maak.  As jy hulp nodig het met eksamen stres, kontak ons terapeut/life-coach by info@coachingacademy.co.za

Vermy dit om voor die toets met jou maats te praat oor die werk

As jou maats voor die toets praat oor die werk wat hulle geleer het, gaan staan liewer eenkant.  Dit kan wees dat hulle oor iets praat wat jy nie op gefokus het nie, of goed sê oor wat die onderwyser moontlik kan vra.  Dit kan maak dat jy begin paniek bevange raak en dat jy dan dit wat jy geleer het, gaan vergeet.  

Antwoord in vol sinne

Dis belangrik om in vol sinne te antwoord en nie net een woord neer te skryf nie.  As jy jou werk reg herhaal en geleer het voor die toets, gaan dit vir jou maklik wees om in vol sinne te antwoord.  

'n Slegte toets is nie die einde nie

Na ‘n toets het mens gewoonlik ‘n gevoel of dit goed of sleg gegaan het, en of jy die regte antwoorde gegee het.  Moenie jouself kruisig as jy voel dat jy nie goed gedoen het nie.  Beweeg vorentoe en fokus op die volgende toets.  Een of twee slegte toetse maak nie van jou ‘n slegte mens nie.  Staan op, werk harder en probeer weer.  

studie metodes werkswinkels

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping