Wanneer die werk baie is en jy skryf amper elke dag ‘n vak, kan dit moeilik raak om tyd te kry vir al jou leerwerk. Teen eksamen tyd moet jou opsommings reeds klaar gedoen wees. Eksamen tyd is daar vir hersien en herhaal. Wanneer jy jou eksamen rooster en afbakening kry, moet jy gaan sit en vir jou ‘n leer rooster uitwerk. As jy nie seker is hoe om ‘n leer rooster uit te werk nie, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by waar ons vir jou al die tegnieke leer hoe om reg te leer.