wiskunde studiemetodes

Wenke vir eksamenstres

Studie metodes Akademie

Wenke vir eksamenstres

Die eindeksamen is om die draai.  Dit is ‘n tyd van harde werk en baie stres.  Eksamenstres kan ‘n baie negatiewe uitwerking op jou punte hê.  Kom ons kyk na ‘n paar tegnieke om jou eksamenstres bietjie minder te maak.

Beplan jou tyd

Swak tydsbeplanning is die grootste oorsaak van eksamenstres.  Wanneer die werk baie en die tyd min is, is mens geneig om min in te neem van dit wat jy in jou kop probeer kry.  Sodra jy jou eksamenrooster kry moet jy begin om ‘n studie rooster op te stel.  Maak genoeg tyd vir leer, oefening en ontspanning. 

Wees aktief

Gedurende eksamentyd is mens geneig om net te fokus op jou leerwerk en niks anders nie.  Om jou stres te verminder, maak seker dat jy genoeg oefeninge doen gedurende jou studie breuke.  Leer vir ‘n halfuur en vat ‘n tien minute breuk waar jy iets aktiefs doen soos swem, met die hond speel of fietsry.  Die ekstra suurstof in jou brein sal jou geheue beter maak en dit ontlaai jou stres.

Doelwitte

Stel realistiese doelwitte.  Moet byvoorbeeld nie wil spring van ‘n 50% gemiddeld na ‘n 80% gemiddeld nie.  Kleiner doelwitte is makliker bereikbaar.

Studie groep

Kry ‘n klein groepie van so 3-4 hardwerkende leerders bymekaar en studeer saam. Bespreek die werk en toets mekaar se kennis.

Glo in jouself

Praat positief met jouself.  Motiveer jouself en stop jouself wanneer jy negatief begin dink.  Kyk motiveringsvideos op Youtube of luister na inspirerende praatjies

Asemhalings tegnieke

Wanneer ‘n mens stres is jy geneig om kort asem te haal.  Dit verhoog jou stresvlakke en jou vermoë om te fokus.  Gedurende die eksamen tyd is dit goed om op ‘n gereelde basis asemhalings tegnieke te doen.  Sulke tegnieke maak jou rustig en help jou om te fokus.  Klik hier  vir  ‘n voorbeeld van hoe om dieper asem te haal en jouself te kalmeer 

Kry genoeg slaap

Baie studente het die neiging om gedurende eksamentyd later te gaan slaap en vroeër op te staan.  Dit is egter nie die regte ding om te doen nie.  Jou liggaam moet skielik sy biologiese klok verander en nog hordes inligting onthou.  Hou liewer by dieselfde roetine wat jy gedurende die skooljaar gevolg het.

“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time.” – Thomas A. Edison

As jy ooit voel dinge raak te veel en jy voel daar is nie hoop nie, gaan praat met iemand en kry hulp.  

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping