Ek leer so hard, maar onthou niks… Wat is fout!!

  • Moenie ons volgende studie metode kursus in Pretoria misloop nie.  Kontak info@studiemetodes.co.za vir meer inligting

When its a history exam Me: *dressed up as hamilton* Brain: *intensely playing Hamilton* *ACES IT AND WALKS OUT PLAYING CABNIET MEETING!*Ons ken almal daai gevoel.  Jy leer so hard en jy voel so goed oor jou werk.  Tot jy in die eksamen kom.  Skielik kan jou brein niks onthou van wat jy geleer het nie.  Dan begin die paniek jou stadig beetkry.  Hoe meer jy deur die vraestel lees, hoe meer begin jy sweet.  Kyk jy om jou, dan lyk dit of almal rustig skryf en al die antwoorde ken.  Jy skree in jou binneste “Hoekom gebeur dit??!!  Wat is fout met my??!!”

Kom ons dink aan ‘n praktiese voorbeeld.  As jy ‘n liedjie vir die eerste keer luister, kan jy dit woord vir woord herhaal?  Behalwe as jy ‘n fotogeniese brein het, moet jy ‘n paar keer na ‘n liedjie luister voor jy dit woord vir woord kan herhaal.  Net so is dit met jou skoolwerk.  As jy nie jou werk genoeg herhaal nie, gaan jy dit nooit onthou nie.  Maak seker jy ken jou werk so goed dat jy dit kan herhaal sonder om een keer op jou opsommings te kyk.

Maar is herhaling genoeg?  Dit help beslis nie jy kan die werk woord vir woord herhaal, maar jy verstaan dit nie.  Jy moet jou werk verstaan om goeie punte te kan behaal.  As jy iets nie verstaan nie, maak seker dat jy hulp kry.  During Exam meme - Funny Exam jokes

Hoe weet ek ek het genoeg herhaal?  Wanneer jy jou werk vir iemand kan verduidelik sonder om op jou opsommings of in jou handboek te kyk, en daardie persoon kan verstaan wat jy beskryf (al ken hy die onderwerp glad nie), dan weet jy jy ken jou werk.

Dus herhaling + begrip = goeie resultate

Tot volgende keer.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping