Om almal wakker te kry, sorg dat almal aangetrek is, geëet het en reg is vir skool, plaas baie stres op ouers. Ma en pa raak gefrustreerd want boetie vergeet elke oggend om sy tande te borsel en sussie is nie lus vir die ontbytpap wat voorgesit word nie. Hoe dan gemaak? Sit as gesin saam en stel ‘n rooster op. Hoe laat staan ons op, wat moet ons doen voor ons skool toe gaan, watter dag eet ons wat? ens. Laat elkeen bydra en ook saamdink aan gevolge as iemand nie die rooster navolg nie.