hoe leer ek vir geografie

Hoe leer ek Aardrykskunde/Geografie?

Geografie, of Aardryskunde is die studie van die aarde se fisiese eienskappe en prosesse, insluitend klimaat en weerstelsels, rotsformasies, oseane en die verskuiwing van tektoniese plate.

Geografie fokus hoofsaaklik op 2 dinge:  

Waar? En

Hoekom of waarom?

Dit begin gewoonlik deur te probeer antwoord “Waar?” 

  • Waar is vastelande geleë? 
  • Waar is die oseane? 
  • Waar is die seë, groot riviere, ens?

Sodra jy die waar verstaan, kom die hoekom of waarom. 

  • Waarom is vastelande geleë waar hulle is?
  • Wat vorm die oseane? 
  • Hoe ontstaan aardbewings? 
  • Hoekom kies mense om in sekere gebiede te woon? Is dit as gevolg van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne, gemak van vervoer, klimaat of ander faktore?

Wanneer jy geografie leer, is dit belangrik om te verstaan wat jy leer.  Hoe weet jy dat iets verstaan?

Wanneer jy iets verstaan, sal jy dit maklik kan verduidelik aan iemand anders wat niks van die onderwerp af weet nie.  As hulle dan verstaan wat jy verduidelik, weet jy dat jy die werk verstaan.

Hier is ’n paar wenke om te leer vir geografie

1. Ken en verstaan rigting

Wanneer jy geografie leer, is dit belangrik om rigting te verstaan. Want in geografie gaan alles oor rigting en kaarte. 

Ons almal ken Noord, Oos, Suid en Wes. Dit is nie moeilik om die basiese rigtings te leer nie, maar wanneer hierdie rigtings met lengte- en breedtegraad gemeng word, word dit bietjie moeiliker om te leer. 

Die belangrikste is dus om eerstens rigtings te verstaan en dit dan in te oefen.

2. Gebruik flitskaarte

Flitskaarte help jou om definisies, kort beskrywings en konsepte te leer.  Maak jou flitskaarte kleurvol en interessant.  Onthou, dit is makliker om prente en kleure te onthou, as wat dit is om woorde te onthou. As jy wil weet hoe om flitskaarte te maak en hoe om dit te memoriseer, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by.  Kliek hier om jou plek te bespreek.

3. Gebruik “chunking”

Chunking is ‘n baie effektiewe manier om jou werk vir geografie te leer. Jy gebruik waarskynlik reeds chunking-strategieë en jy weet dit nie eers nie. 

Dit is relatief maklik vir jou brein om ‘n telefoonnommer, jou huis adres, wagwoorde of jou foon se kode te memoriseer deur gebruik te maak van chunking. Ons “chunk” inligting wanneer ons dit opbreek in klein groepies van drie of vier.

Breek jou geografie op in klein deeltjies op ’n slag.  Moenie te veel inligting op een slag probeer memoriseer nie. 

4. Hersien jou werk gereeld

As jy goed wil vaar in jou geografie toetse, is dit belangrik dat jy gereeld jou opsommings en flitskaarte hersien. Begin in die weke voor die eksamen deur jou notas, opsommings en flitskaarte te lees.  Onthou, ons lees sover moontlik altyd hardop wanneer ons hersien. 

Jy kan hersien wanneer jy in die kar ry of wag vir jou ma om jou by die skool te kom haal. Jy kan jouself ook opneem waar jy deur die werk lees en dan daarna luister terwyl jy klaarmaak vir skool of wanneer jy bad. Om inligting van jou korttermyn- na jou langtermyngeheue te skuif, is gereelde hersiening baie belangrik.

5. Word ’n kaartmeester

Kaarte is vir geografie soos water vir ’n vis. As jy ’n vis se water wegvat, gaan hy nie meer kan lewe nie. Jy gaan altyd kaarte moet ken wanneer jy geografie leer.

As jy kaarte wegvat, is daar geen geografie meer oor nie. So, jy kan nie wegkruipertjie met kaarte speel nie, jy MOET  kaarte leer. Maar moenie stres nie, dit is nie so moeilik nie!  Leer gereeld jou kaarte.  Wanneer jy kaarte leer, verduidelik dit hardop vir jouself.  Herhaal dit oor en oor. Jy kan ook Youtube videos kyk wat jou sal help om die werk te memoriseer.  

6. Gebruik breinkaarte

Breinkaarte is ‘n baie nuttige tegniek om enige onderwerp te memoriseer. Wanneer dit kom by geografie, is dit ontsettend belangrik om breinkaarte te gebruik. Breinkaarte help jou om jou gedagtes rondom ’n onderwerp te organiseer. Dit help jou ook om te verstaan waaroor die werk gaan, en wat belangrik is.

Nie almal hou van tradisionele breinkaarte nie.  In ons studiemetodes werkswinkel leer ons jou verskillende maniere om breinkaarte te maak.   As ’n gewone breinkaart vir jou deurmekaar voel, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by sodat ons vir jou kan leer hoe om ’n breinkaart te maak wat by jou pas. Kliek hier om jou plek te bespreek.

7. Doen oefen vraestelle

Hoe meer jy oefen om geografie vrae te antwoord, hoe beter gaan jy word daarin.  Kry oefen vraestelle en antwoorde die vrae in jou handboek.  Wanneer jy vraestelle oefen, wys dit jou wat jy goed ken en waaraan jy nog moet werk. Jy leer ook om gewoond te raak aan die manier hoe onderwysers vrae vra.

Geografie is nie moeilik nie.  Jy moet net slim en reg leer. Leer om te verstaan, nie net om te onthou nie.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping