- info@studiemetodes.co.za
- 082 419 6055
Weet jy wat is jou leerstyl? Jou leerstyl is baie belangrik aangesien dit 'n groot invloed het op HOE jy moet leer. Kom woon ons werksessie by en vind uit wat is jou leerstyl.
Watter persoonlikheids eienskappe het jy? Hoekom doen jy wat jy doen? Leer jouself ken en verbeter jou punte in die proses.
Is jy linkerbrein of regterbrein dominant? Watter invloed het dit op die manier hoe jy moet leer? Kom vind uit en maak seker jy leer op die regte manier.
Dis nie altyd so maklik om te sit en luister na iemand se studie wenke en dan die tegnieke op jou eie werk toe te pas nie. Ons sessies is prakties en jy oefen die tegnieke in met jou eie skoolwerk. Ons maak seker jy weet nie net WAT om te doen nie, maar ook HOE
My kind sien sommer uit daarna om te leer na jul studiemetode kurses. Ek sal julle vir enige iemand aanbeveel. Baie dankie vir alles. 😊
Wow wow wow!!! Christa en Mariaan, julle is "spot-on" met my kind!!! Ek wens ek het julle al kom sien toe my kind in Gr. 4 was!!! Ek sal julle definitief aanbeveel, vir enige mamma of pappa!!! Baie baie dankie vir julle hulp en insette!!!
Wonderlik om met profesionele mense te werk. Die toetse was honderd persent korrek en sy studie metode was korrek aangepas om by sy profiel te pas. Baie dankie vir julle.
My kinders het dit baie geniet en baie leersaam gevind! Baie dankie!
Hallo Christa!!! Danie het 'n mooi rapport huistoe gebring, gemiddeld op met 9%.
Waar sien jy jouself oor 20 jaar? Of selfs oor 10 jaar? Of 5? As jy enigsins suksesvol wil wees, begin deur een van ons studie metode kursusse by te woon. Jy gaan nie net uitstap met beter studie vaardighede nie, maar ook met 'n vasberadenheid om jou volle potensiaal te bereik in alles wat jy aanpak.
Moet jy hardop leer, of saggies? Moet jy sit en leer? Of staan? Mag jy musiek luister? Watter musiek? Ons leerstyltoets gee jou al hierdie antwoorde. Ons werkswinkel begin met die toets sodat ons jou kan help om te leer volgens jou sterkpunte.
Ons L.O.S.H. metode gaan jou help om jou werk beter te verstaan, beter te onthou en vinniger te leer. Dit leer jou om om voor te berei vir die eksamen, maar help jou ook om dit wat jy geleer het makliker in die eksamen vraestel weer te gee.
Wat is die nut daarvan om op te som? Kan my ma my werk vir my opsom? Kan ek opsommings erens koop en dit leer? Hoe memoriseer ek?
Hoe maak ek tyd vir opsom en sport en huiswerk en leer en en en? Hoekom moet ek leer? Wat is die nut van skool? Ons antwoord al hierdie vrae en nog meer vir jou.
Die werkswinkel word aangebied op 'n Saterdag en is 3 ure lank
Leerlinge vanaf graad 4 tot matriek en selfs Universiteitsvlak is welkom
Klasse is nie groter as 7 kinders nie.
As jy toepas wat ons jou leer gaan jy beslis beter punte behaal