student cheating during an exam

Kry begripstoetse jou onder? Hier is raad

Begripstoetse is nie moeilik nie, en dit is ‘n lekker manier om ekstra punte in die eksamen te kry. Baie studente weet nie hoe om begripstoetse te antwoord nie, alhoewel dit eintlik eenvoudig is, as jy genoeg oefen en die regte metode gebruik.

Die LVLA metode

Die LVLA metode is ‘n baie maklike en eenvoudige metode wat jy moet gebruik wanneer jy begripstoetse antwoord. Dit werk soos volg:

  • L = Lees deur die leesstuk voordat jy begin om enige vrae te antwoord. Dit gee vir jou ‘n goeie idee waaroor die stuk gaan en wat belangrik is. Maak seker jy verstaan wat die skrywer wil sê.
  • V = Lees deur die vrae. Moet nog nie begin antwoord nie.
  • L = Lees WEER deur die stuk. Noudat jy weet watter vrae gevra word, is dit goed om weer deur die leesstuk te lees. Nou weet jy presies wat belangrik is en waar die antwoorde is.
  • A = Antwoord die vrae.

Oefen vraestelle

Werk deur ou vraestelle sodat jy gewoond kan raak aan die manier hoe die vrae gevra word in begripstoetse. Gebruik die LVLA metode sodat jy dit goed kan toepas wanneer jy jou eksamen skryf. Leerlinge wat oefen vraestelle uitwerk het ‘n baie hoër kans om onderskeidings te kry.

Ken jou taalleer

Daar is gewoonlik ‘n paar taalleer vrae in begripstoetse, sodat onderwysers kan sien of jy die taalleer konsepte verstaan en prakties kan gebruik. Maak flitskaarte van jou taalleer beginsels en sorg dat jy elkeen verstaan en kan verduidelik.

Lees

Hoe meer jy lees, hoe beter gaan jy doen in begripstoetse. Probeer elke dag ten minste een bladsy lees. Wanneer jy klaar is, kyk hoeveel detail jy kan onthou van dit wat jy gelees het.

Het jy hulp nodig met studiemetodes of motivering om te leer? Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by. Kontak ons by info@studiemetodes.co.za vir meer inligting.


			

Shopping cart

1

Subtotal: R1575,00

View cartCheckout