studiemetodes reviews

Belê in jou kind se toekoms met ons studiemetodes werkswinkels. Ons werkswinkels het ten doel om kinders te lei om slimmer te leer sodat hulle, hulle maksimum akademiese potensiaal kan bereik.

Dit is 3 ure wat jou kind se lewe gaan verander!

Aanlyn toetse

In die week voor die werkswinkel moet leerders 3 aanlyn vraelyste voltooi. Dit bepaal hulle leerstyl, persoonlikheidstipe en brein dominansie voorkeur. Tydens die werkswinkel self bespreek ons die kinders se leerstyl met hulle sodat hulle weet hoe om hulle leerstyl toe te pas wanneer hulle studeer.

In die week na die werkswinkel stuur ons vir ouers die uitslae van die aanlyn vraelyste.

Werkswinkel

Die werkswinkel kan op 3 maniere bygewoon word. Kinders kan na ons kantore in Pretoria-Oos kom vir ‘n in-persoon sessie, of hulle kan ‘n zoom werkswinkel bywoon indien hulle nie in Pretoria woon nie. Vir hoërskool leerders wat die self dissipline het om op hulle eie te werk, het ons ook ‘n video kursus wat al die tegnieke verduidelik.

Ouderdomme

Ons werkswinkel kan bygewoon word deur leerders vanaf graad 4 tot graad 12. Ons het ook ‘n spesiale werkswinkel vir Universiteit studente ontwikkel.

Wat bespreek ons tydens die werkswinkel?

Tydens die werkswinkel fokus ons daarop om kinders op ‘n praktiese manier te leer hoe om op te som en te memoriseer volgens hulle leerstyl. Aspekte waarop ons fokus is tydsbeplanning, hoe om sleutelwoorde te herken, hoe om op te som, memorisering, motivering, hoe om te leer vir verskillende vakke en meer.

Kinders leer tegnieke om hulle leervakke te op te som en te memoriseer, hoe om tale te bemeester en hoe om vir wiskunde te leer.

Ons bespreek ook spesifieke behoeftes van leerders aan.

Hoe bespreek ek?

Daar is ‘n paar baie maklike maniere om jou plek te bepreek:

  1. Stuur ‘n WhatsApp na 082 419 6055, of
  2. Skakel ons by 082 419 6055, of,
  3. Stuur ‘n epos na info@studiemetodes.co.za, of
  4. Voltooi hierdie besprekingsvorm:
Calendar is loading...
Powered by Booking Calendar
-
Available
 
-
Booked
 
-
Pending
·
 
-
Partially booked










To show CAPTCHA, please deactivate cache plugin or exclude this page from caching or disable CAPTCHA at WP Booking Calendar - Settings General page in Form Options section.

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping