‘n Tutor kan leerders help om hulle vakke beter te verstaan, dit bou hulle selfvertroue en leer hulle belangrike leer vaardighede. Leerders kry individuele aandag wat nie altyd in die klaskamer moontlik is nie. Tydens vakansies kan ‘n tutor jou help om jou werk wat jy nie verstaan nie, te begryp en om alle werk waarmee jy agter is, in te haal.
Wanneer ‘n leerder agter raak met sy skoolwerk, veral in wiskunde, is ‘n tutor nie ‘n luukse nie, maar eerder ‘n noodsaaklikheid.