Vir menige ouers is dit ‘n nagmerrie. Dis eksamen tyd en daar is massas werk wat geleer moet word. Maar Boetie is op en af en kan nie stilsit nie. Dan is hy op die grond, dan balanseer hy op sy stoel, dan hang hy aan die tafel. Ma wil haar hare uit haar kop uit trek en skree op Boetie om stil te sit. Boetie begin kwaad word en huil en neem niks werk in nie. Almal se stresvlakke is hemelhoog en niemand kan iets met Boetie uitrig nie.