Beroepsvoorligting is noodsaaklik om die regte vakkeusses en beroepskeuses te maak. Dit is veral noodsaaklik in graad 9 wanneer vakkeuses gemaak word, en dan weer in graad 11. Beroepsleiding is egter nie net beperk tot daardie ouderdomme nie. Dit kan enige tyd gedoen word om seker te wees van jou vakkeuses, of as jy van beroep wil verander.
Wanneer jy ‘n kind is vra almal vir jou wat jy eendag wil word. Ons word vroeg blootgestel aan die idee om ‘n beroep te kies. Beroepskeuses is een van die belangrikste besluite van jou lewe. Daarom is vakkeuses baie belangrik. Watter vakke is nodig vir Universiteits toelating? Watter vakke het jy nodig vir watse rigting? ens.
In vandag se tye verander mense baie meer van beroep as vroeer jare. Dit kan vreesaanjaend wees, maar met die regte beroeps voorligting is dit moontlik om die beste keuses te maak. ‘n Mens bly nie jou lewe lank dieselfde nie. Daar vind groei plaas en mens ontwikkel nuwe vaardighede en eienskappe. Met die regte leiding kan jy ‘n beroep betree wat jy nooit sou kon dink jy as kind sou kon of wou doen nie.