eksamen vraestel

Wenke om vraestelle te beantwoord

Vir leerders van alle ouderdomme is dit belangrik om die regte tegnieke te gebruik wanneer hulle vraestelle antwoord.  Deur sekere dinge te doen, haal jy die stres uit eksamen skryf uit. 

Wenke vir by die huis

Soos enige iets anders in die lewe, is oefening van vraestelle baie belangrik.  Deur verskillende vraestelle deur te werk, kan jy ‘n idee kry van hoe vrae gevra word.  Vra jou onderwyser vir vraestelle, of laai dit van die internet af.  Aan die einde van hierdie artikel plaas ons die name van ‘n paar websites waar jy vraestelle kan aflaai.  Wanneer jy deur die vraestelle werk, maak seker jy voltooi dit binne die voorgeskrewe tydraamwerk.  

studiemetodes promosie

Wenke in die eksamen lokaal

Wanneer jy in die in die eksamen lokaal sit, is daar sekere dinge wat jy kan doen om dit makliker te maak om die vraestel te beantwoord.

Moenie net begin om die vrae te antwoord nie.  Lees eers deur die hele vraestel sodat jy kan beplan hoeveel tyd jy aan elke vraag kan spandeer. Kyk mooi hoeveel punte tel elke vraag sodat jy nie te lank aan ‘n vraag spandeer wat min punte tel nie.  

Wanneer jy klaar die vraestel deurgelees het, maak seker jy lees elke vraag mooi deur sodat jy weet wat van jou verwag word.  Sekere sleutelwoorde is ‘n aanduiding van waarop jy moet fokus wanneer jy die vraag moet beantwoord.  Algemene sleutelwoorde sluit in beskryf, analiseer, vergelyk, evalueer, verduidelik, definieer, lys, reflekteer en bespreek.  Maak seker jy weet wat van jou verwag word.  As jy nie seker is nie, vra.

Skryf ‘n paar belangrike punte neer wat jy voel belangrik is.  Dit gaan jou help om struktuur te skep en ook om nie iets te vergeet nie.  

Herhaal die vraag wanneer jy begin antwoord want dit gee jou brein die geleentheid om die feite bymekaar te kry. Byvoorbeeld kom ons sê die vraag is “Hoekom het die eerste wêreld oorlog uitgebreek?”.  Dan begin jy jou antwoord met “Die eerste wêreld oorlog het uitgebreek as gevolg van..” 

Wanneer jy jou vraestel deurgaan aan die einde kan jy seker maak dat jy nie ‘n vraag misverstaan het nie.  Jy kan dan ook seker wees jou antwoord is dit wat gevra is.  Om weer deur jou vraestel te gaan sal jou ook help om feite wat jy dalk vergeet het weer op te roep.  

aanlyn studiemetodes

Hulpmiddels

Verbeter jou studiemetodes deur een van ons studiemetodes werkswinkels by te woon.  Daar is 3 platforms waaruit jy kan kies:  Aanlyn, groep of individueel.  Groep en individuele werkswinkels word in Pretoria aangebied.  Kliek op die link hier onder om jou plek te bespreek https://www.studiemetodes.co.za/kontak-ons-vir-inligting-oor-ons-studie-metode-werkswinkels/

Leave a Reply

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping